PAS IN: Nog 3 vas vir beweerde korrupsie by Namcor
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het bevestig nog drie persone is in verband met beweerde korrupsie by Namcor in hegtenis geneem.
Die ACC se direkteur-generaal Paulus Noa het die arrestasies van die broers
Peter Elindi (foto) en Malakia Elindi, bevestig wat die eienaars is van die militêre brandstofverskaffer Enercon. Die maatskappy skuld Namcor glo N$114,6 miljoen.
Een van Malakia Elindi se vroue is glo ook in hegtenis geneem, maar dit is onduidelik watter een van die twee dit is. Dit bring die aantal arrestasies tans op agt te staan.
Gister is Imms Mulunga, Jennifer Hamukwaya, Cedric Willemse, en Olivia Dunaiski, saam met Hamukwaya se man in hegtenis geneem wie se naam nie bevestig is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie