• Tuisblad
  • Misdaad
  • #PAS IN: Inbraak by Namcor se voormalige besturende direkteur

#PAS IN: Inbraak by Namcor se voormalige besturende direkteur

Henriette Lamprecht
'n Inbraak het in die vroeëoggendure by die huis in Klein-Windhoek van die voormalige besturende direkteur van Namcor, Imms Mulunga plaasgevind. Mulunga is tans in aanhouding as een van die verdagtes in die Namcor-Enercon-korrupsiesaak.

Twee verdagtes het na bewering Mulunga se dogter en 'n vrou wat met wie hy vermoedelik in 'n verhouding is, met messe aangehou. Hulle was die enigste persone tuis tydens die inbraak.

Mulunga se horlosies, paspoort, parfuum, sy dogter se skootrekenaar en ander persoonlike items is gebuit. Die verdagtes het ook sy tuiskantoor omgekeer voordat hulle van die toneel gevlug en die polisie en sekuriteitspersoneel by die huis opgedaag het.

#republikein #repnuus #pasin

Kommentaar

Republikein 2025-12-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer