Dem Geld auf der Spur: Verteidigungsminister Frans Kapofi.
Dem Geld auf der Spur: Verteidigungsminister Frans Kapofi.

Ontvangers van August 26 se N$2,5 miljoen gesoek

Stappe word gedoen, sê Kapofi
Die minister van verdediging en veteranesake sê die afdanking van geïmpliseerde amptenare is nie die einde van die saak nie.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage - Die minister van verdediging en veteranesake, Frans Kapofi, sê sy ministerie is besig om individue te ondersoek wat N$2,5 miljoen van die militêre maatskappy August 26 Logistics ontvang het vir die aankoop van militêre toerusting.

Die geld is aan die verskaffer Penda Enterprises oorbetaal om militêre toerusting onder vertroulike omstandighede te bekom. Dit na aanleiding van ’n versoek wat aan die destydse voorsitter van die August 26 Logistics-raad, majoor-generaal Petrus Nathinge, gerig is.

Op 24 Mei het Penda Shikongo van Penda Enterprises Nathinge genader vir ’n lening.

Die maatskappy het ’n kontrak gekry om geklassifiseerde take uit te voer, maar het N$2,5 miljoen benodig om die projek aan die gang te sit, het hy gesê.

Die geld moes teen 31 Julie terugbetaal wees, maar dit het nie gebeur nie.

Nathinge is gevolglik as raadsvoorsitter verwyder en met Kevin Thembikozi vervang.

OP HUL SPOOR

Kapofi het gesê sy ministerie is op die spoor van die individue wat by die miljoendollar-betaling baat gevind het.

“Dit is ’n kwessie wat ons hanteer. Stappe word gedoen en ons soek die ontvangers van die geld om die geld terug te kry. Aangesien hierdie verband hou met ondersoeke, behoort dit voldoende te wees om te sê stappe word gedoen,” het hy gesê.

Die saak het sedertdien gelei tot die afdanking van Salatiel Ntinda, die besturende direkteur van August 26 Logistics, terwyl Karel Nel, die finansiële hoof, in Oktober besluit het om te bedank nadat ’n interne ondersoek die twee mans die skuld gegee het vir die verdwyning van die geld.

GEKLASSIFISEERD

Shikongo het in Mei aan Nathinge geskryf en N$2,5 miljoen versoek om militêre toerusting aan te koop.

“Ek skryf namens Penda Enterprises, ’n maatskappy wat handel dryf in militêre toerusting en verwante goedere. Ek is [’n kontrak] gegee om geklassifiseerde take uit te voer, die besonderhede [van] wat ek op versoek aan u [sal] voorlê en wat om veiligheidsredes vertroulik gehou moet word,” het hy geskryf.

Shikongo het gesê hy is aangeraai om na August 26 Logistics uit te reik.

“Ek is aangesê om u vertroulik te nader om hulp vanaf August 26 te fasiliteer,” het Shikongo gesê.

Nathinge het positief op die versoek gereageer en Ntinda gemagtig om die fondse beskikbaar te stel.

“Ek magtig jou hiermee, in my hoedanigheid as die voorsitter van die August 26 Logistics-raad, om die oordrag van N$2,5 miljoen in die rekening van Penda Enterprises te fasiliteer,” het Nathinge destyds gesê.

KAPOFI ONGELUKKIG

Kapofi het voorheen Nathinge se betrokkenheid by die sage gekritiseer.

“Ek is nie gelukkig met wat daar [August 26 Logistics] gebeur nie. Natuurlik, as jy na Nathinge kyk, is hy ’n baie senior lid in die Namibiese weermag en ek word ingelig oor wat daar gebeur het.

“Ek wag nog om te hoor wat presies gebeur het. Hy is goed onderrig [en] goed opgelei, so ons moet verstaan wat daartoe gelei het,” het Kapofi in Junie gesê.

Nathinge het enige oortreding in die saak ontken en volgehou dat geen geld verlore gegaan het nie.

“Ek het nie die verdwyning van enige geld by August 26 Logistics veroorsaak nie. Geen geld het verdwyn nie. Daar is ’n skoon ouditverslag vir die afgelope 10 jaar; ons het die afgelope nege jaar dividende aan die aandeelhouer verklaar. Wie ook al bewyse van die verdwyning van geld het, moet na vore kom. Daar is nie so iets nie,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%