Ondersoek teen oudministers 'vorder'

Grondtoekenning onder die loep
Enige besluit om te vervolg sal daartoe lei dat Katrina Hanse-Himarwa na die hof sal moet terugkeer nadat sy skuldig bevind is aan korrupsie in 'n afsonderlike saak.
Yandi Du Plessis
Nuusredaksie - Die aanklaer-generaal moet nog besluit of die eertydse ministers Alpheus !Naruseb en Katrina Hanse-Himarwa vervolg gaan word oor die toekenning van ’n hervestigingsplaas in die Hardapstreek aan laasgenoemde se seun.

Paulus Noa, direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommissie (ACC), het egter verlede week gesê die saak vorder goed – agt jaar sedert ondersoeke na die grondtoekenning in 2015 begin het.

Hanse-Himarwa, die voormalige goewerneur van die Hardapstreek en by implikasie die voorsitter van die streekhervestigingskomitee, word ondersoek saam met die voormalige minister van grond en hervestiging, Alpheus !Naruseb, onder wie se regime die grondtoekenning plaasgevind het.

Voorheen is berig dat een van die mense wat aansoek gedoen het vir die plaas Uhlenhorst – wat Hanse-Himarwa se seun, Denzil, ontvang het – geëis het om die notule te sien van die hervestigingskomiteevergadering waar dié besluit geneem is.

Theresia Konjore het beweer sy het sedert 2006 om ’n hervestigingsplaas aansoek gedoen, terwyl Denzil glo eers in 2014 vir die plaas aansoek gedoen en dit dadelik gekry het, het die dagblad The Namibian in 2019 berig.

Dit terwyl Kondjore na bewering ’n hoër telling as Denzil tydens die keuringsproses behaal het.

Hanse-Himarwa, die eertydse minister van onderwys, kuns en kultuur, het volgehou sy het nie ’n rol in die uiteindelike besluit gespeel nie, en beweer sy was nie in die land toe die grondtoekenning plaasgevind het nie.

VORDERING

Noa het op Namibia Media Holdings (NMH) se Sondagprogram The Agenda gepraat en gesê die dossier in hierdie aangeleentheid is by die aanklaer-generaal, en bygevoeg daar word vordering gemaak met ’n besluit oor vervolging, al dan nie.

“Die aanklaer-generaal vorder. Ek weet dit, want hulle is voortdurend in konsultasie met my ondersoekbeampte. Die saak geniet aandag,” het hy gesê.

Enige besluit om te vervolg sal daartoe lei dat Hanse-Himarwa na die hof moet terugkeer nadat sy skuldig bevind is aan korrupsie in ’n afsonderlike saak, wat ook uit haar dae as Hardap-goewerneur dateer.

In daardie saak het die hof bevind dat sy haar kantoor vir selfsugtige redes gebruik het nadat sy name van ’n lys van begunstigdes vir ’n nasionale behuisingsprojek verwyder en met dié van een van haar familielede vervang het.

Sy is ’n boete van N$50 000 opgelê of, in die geval van wanbetaling, 24 maande tronkstraf.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.15 | EUR to NAD 19.96 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.55 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.46 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.51 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 27.27 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 310.43/OZ DOWN -0.0021 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0128 | Zinc US$ 2 919.40/T DOWN -1.17% | Brent Crude Oil US$ 82.56/BBP DOWN -0.0118 | Platinum US$ 967.50/OZ DOWN -0.0113 #N/A