NamRA verloor miljoene by Angola/Zamibië-grensposte
Smokkel van brandstof
Die polisie en doeane ondervind daagliks uitdagings om onwettige handel deur afgeleë grensposte te beheer.
Oorgrens-smokkelary deur ongemagtigde toegangspunte langs die Zambezi- en Angola-grens het die staat vanjaar meer as N$2,8 miljoen in verlore inkomste gekos.
Dit volgens ’n verslag deur die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA) wat met Network Media Hub (NMH) gedeel is.
Die verslag skets ’n droewige prentjie van volgehoue smokkelary, met onderskepte goedere by die Namibië-Zambië-grens wat N$1,84 miljoen in verlore belasting en heffings in 2024 beloop het, terwyl beslagleggings langs die Angola-grens meer as N$1,03 miljoen was.
Ten spyte van voortgesette wetstoepassing het NamRA gesê die werklike omvang van die verlies aan inkomste is waarskynlik hoër as gevolg van smokkelary waarvan die agentskap nie bewus is nie. Algemene items waarmee gesmokkel word, sluit in brandstof, tweedehandse voertuie, voertuigonderdele, alkohol, klere, parfuum, toeriste-aandenkings, skryfbehoeftes en speelgoed.
Kommissaris Andreas Haingura, die polisiebevelvoerder in Kavango-Oos, het in ’n telefoniese onderhoud met NMH die toename in onwettige bedrywighede bevestig.
“Daar is geen afname nie. Hierdie ding neem net daagliks toe,” het Haingura gesê.
Hy het gesmokkelde items soos macaroni, spaghetti, whisky-sakkies, sigarette, sandale en tweedehandse klere as van die mees algemene items gelys waarmee gesmokkel word.
“Brandstof kom ook deur ons onwettige punte,” het hy bygevoeg.
Volgens Haingura lê die uitdaging in die uitgestrektheid van die grens wat patrollering bemoeilik.
“Mense gebruik hierdie toegangspunte om in te kom. Ons taxi’s gaan na die rivier om hierdie items op te laai,” het hy verduidelik.
Die polisie het egter vordering gemaak.
“Ons het wel suksesse behaal waar mense in hegtenis geneem is. Sommige word na NamRA geneem en boetes word uitgereik. Soms word voertuie wat gebruik is om gesmokkelde goedere te vervoer, gekonfiskeer,” het hy gesê.
Boetes wissel gewoonlik tussen N$6 000 en N$8 000, afhangende van die waarde van die gekonfiskeerde goedere.
“Ek onthou een is met N$8 000 beboet,” het Haingura gesê en bygevoeg dat wetstoepassing steeds druk op smokkelaars uitoefen ten spyte van logistieke struikelblokke.
NamRA het gesê hulle werk steeds saam met die polisie en ander agentskappe deur gesamentlike grenspatrollies en -operasies, sowel as gemeenskapsuitreikprogramme wat inwoners aanmoedig om voorvalle van smokkelary aan te meld.
Vroeër vanjaar is NamRA se woordvoerder, Steven Ndorokaze, aangehaal waar hy gesê het dat die agentskap reeds 134 boetes van altesaam sowat N$750 000 uitgereik het aan individue wat met gesmokkelde goedere betrap is.
Hy het gewaarsku die werklike koste van smokkelary is waarskynlik baie hoër.
“Baie meer goedere wat gesmokkel word, word nie opgespoor nie,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie