NamRA uit N$15,2 miljoen geswendel
Belastingagente glo betrokke
Die Namibiese Inkomste-agentskap het die verwerking van alle terugbetalingseise vir individuele voorlopige belastingbetalers met onmiddellike effek gestaak terwyl die volle omvang van die bedrogspul ondersoek word.
Die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA) lek sy wonde nadat ‘n belastingterugbetalingsindikaat – waarby van sy eie werknemers betrokke is – N$15,2 miljoen uit die agentskap se koffers gebuit het.
Die NamRA-kommissaris, mnr. Sam Shivute, vermoed die bedrogspul – wat onlangs oopgevlek is en minstens 122 belastingbetalers betrek – is al jare lank aan die gang.
Dit is dalk die grootste toets wat NamRA moet deurstaan sedert dit verlede jaar operasioneel geword het. Shivute het gemaan die land se belastingsake sal doeltreffend bestuur word en dat die agentskap sal voortgaan om die nodige beleggings te maak om sy kapasiteit te verbeter wanneer dit kom by die toemaak van skuiwergate wat deur belastingbetalers misbruik word.
Shivute het gesê die verwerking van alle belastingterugbetalingseise vir individuele voorlopige belastingbetalers word met onmiddellike effek vir drie maande gestaak, om die volle omvang van hierdie bedrogspul te bepaal. Die moratorium sal tot 30 Junie 2022 van krag wees, het Shivute gister tydens ‘n media-inligtingsessie aangekondig.
Volgens die maatskappy se ontleding het die bedrogspul in 2019 begin momentum kry.
NamRA-personeellede is ook onder die soeklig. Volgens Shivute sou die bedrogspul nie kon plaasvind sonder die betrokkenheid van interne partye nie.
Shivute het opgemerk die persone wat by hierdie komplot gebaat het, sluit 122 belastingbetalers in wat werkende individue is en vir ongeveer drie instansies werk. Al is hul bankbesonderhede bekend, is geen bedrag tot dusver verhaal nie.
Hy het verder gesê die salarisse van die betrokkenes wissel tussen N$250 000 en N$350 000 jaarliks.
“Die waargenome tendens is dat verskeie individuele belastingbetalers se profiele – meestal met die hulp van belastingagente – verander word na voorlopige belastingbetalerstatus, wat geassosieer word met belastingbetalers wat inkomste verdien uit bronne bykomend tot hul werk, soos boerdery,” het Shivute gesê.
Vervolgens sal hersiene opgawes met oordrewe uitgawes ingedien word, wat dan tot gevolg het dat belastingterugbetalings aan die betrokke belastingbetaler verskuldig word.
“Voorlopig wil dit voorkom asof verskeie rolspelers betrokke is en hoewel dit moontlik voortydig is, kan ons nie die moontlikheid uitsluit dat ons personeel aktief by hierdie bedrogspul betrokke was nie,” het Shivute bygevoeg.
GEEN TERUGBETALINGS
Die ondersoek na die bedrogspul het begin en aansienlike vordering is reeds gemaak, het hy gesê.
Die verwerking van alle terugbetalingseise vir individuele voorlopige belastingbetalers sal met onmiddellike effek tot 30 Junie 2022 gestaak word.
Terugbetalingseise ten opsigte van ander belastingtipes soos individuele belastingbetalers en Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) sal nie deur hierdie moratorium geraak word nie.
NamRA sê hy het reeds strafregtelike sake teen die geïdentifiseerde verdagtes aanhangig gemaak, terwyl die administratiewe oortredings ook in ooreenstemming met die toepaslike statute vervolg sal word.
“Ons moedig diegene aan wat dalk onwetend by hierdie bedrogspul gebaat het, om ons kantore oraloor die land te kontak en van hulp te wees in die ondersoek om die ware meesterbreine agter hierdie bedrogspul te ontmasker.”
“Daar is geen uitweg nie,” het Shivute gesê, en bygevoeg die agentskap sal voortgaan met sy zero-verdraagsaamheid-benadering teenoor belastingbedrog. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie