Namibiese vragmotorbestuurder met duisende dollar se dagga vasgetrek
’n Namibiese vragmotorbestuurder is by die Windhoek-Rehoboth-kontrolepunt onderweg na Suid-Afrika vasgetrek met drie bokse dagga met ’n waarde van N$1 276 500. Verdere ondersoek deur die polisie het gelei tot die inhegtenisname van nog verdagtes in die Noordelike nywerheidsgebied. Volgens die polisie is ’n 37-jarige Namibiese man en verdagte ook in die regtervoet geskiet toe hy probeer vlug het. Die ondersoek duur voort.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie