N$5 miljoen se dwelms in Julie gekonfiskeer
Die Namibiese polisie het in Julie vanjaar 172 mense weens dwelmmisdaad in hegtenis geneem, insluitend 161 Namibiërs, agt Zambiërs, een Angolese burger, een Suid-Afrikaner en een Zimbabwiër.
Die polisie het beslag op meer as 500 000 kg dagga ter waarde van ongeveer N$5 miljoen gelê, asook 381 Mandrax-tablette ter waarde van N$45 720.
Kokaïen van ongeveer N$30 000 is deur die polisie gekonfiskeer, asook 148 crack-kokaïen ter waarde van N$14 800.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie