'n Stem vir vroue se regte

Armoede, middelmisbruik
Step Up Ark vra oortreders moet 'n gepaste vonnis kry sonder die opsie van parool en aan rehabilitasieprogramme tydens tronkstraf deelneem.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die Step Up Ark-gemeenskapsorganisasie in Rehoboth het ’n protesoptog op die dorp teen die voortslepende voorkoms van geslagsgebaseerde geweld (GBV) op die dorp gehou. Buiten bewusmaking oor die voorkoms van GBV sowel as bydraende faktore soos middelmisbruik, werkloosheid en armoede wat ’n verwoestende impak op individue en families van slagoffers het,

dring die organisasie ook aan op optrede van owerhede terwyl dit ook ’n stem is vir die regte en veiligheid van vroue. Die protes het voortgespruit uit die inhegtenisname en hofverskyning van Romario Beukes op aanklagte van huishoudelike geweld, terwyl hy ook wag om gevonnis te word vir sy eerste misdaad van moord en roof. Beukes het verlede week in die hof verskyn vir ’n tweede misdaad nadat hy vroeër vanjaar ’n bejaarde vrou op die dorp vermoor het.

Een van die raadslede van Step Up Ark, McZene McNab, sê die eise dring aan op onmiddellike optrede van die gemeenskap se onderskeie regeringsowerhede en beleidsmakers. Dit sluit in dat die beskuldigde ’n gepaste vonnis moet kry sonder die opsie van parool en aan rehabilitasieprogramme tydens tronkstraf moet deelneem. Laasgenoemde moet die beskuldigde help om die regte besluite te kan neem, terwyl kwessies soos verslawing en ander onderliggende emosionele en sielkundige kwessies ook aangespreek moet word wat moontlik ’n invloed op sy optrede kon hê.

“Die beskuldigde moet deel word van ’n herstellende geregtigheidsprogram wat moontlik sy herhaalde oortredings kan verminder deur hom verantwoordbaar te maak vir die misdade wat hy gepleeg het. Dit kan aan hom die geleentheid gee om die skade en die impak te verstaan wat sy optrede op die slagoffer en hul families gehad het,” sê McNab.

Nog ’n eis is dat herhaalde oortreders in aanhouding totdat hul sake gefinaliseer word, deel is van rehabilitasieprogramme wat moontlik as ’n afweermiddel teen hul kriminele optrede kan dien en ook nuwe perspektief kan gee om in die toekoms weg te bly van misdaad.

“Ons versoek die regstelsel in Namibië om maatreëls in plek te stel om bogenoemde programme tot voordeel van verhoorafwagtendes in te stel wat gewillig is om hul leefstyl ten geode te verander.”

Step Up Ark vra ook dat die Namibiese polisie en weermag meer aktief in die gemeenskap is en die kwessie van die verkoop van onwettige middele aanspreek wat deel is van die wetteloosheid in die gemeenskap.

Die polisie moet voorts informante beskerm wat op ’n diskrete manier gebruik word om dié vas te trek wat onwettige middele verkoop tot nadeel van die welstand van jong mense in die dorp, die gemeenskap en ook die land.

Volgens McNab het die protes gedien as ’n katalisator vir volgehoue aktivisme om GBV op die dorp te bekamp en geslagsgelykheid te bevorder.

“Ons as organisasie sal saam met aktiviste in die gemeenskap en ook gemeenskapsleiers voortgaan om druk op owerhede te plaas om hul verpligtinge na te kom en maatreëls te implementeer wat GBV doeltreffend takel.”

Die organisasie sal voorts fokus op die skep van ’n veilige hawe om ondersteuningsdienste vir slagoffers te verbeter en wat insluit toegang tot gesondheidsorg, berading en regshulp.

“Die protesaksie in Rehoboth sal dien as ’n simbool van solidariteit, veerkragtigheid en volharding in die stryd teen GBV in die gemeenskap. Ons glo dit is ’n stap in die regte rigting om beduidende verandering te bring. Hoewel daar baie werk is om te doen, staan ons saam om ’n gemeenskap te skep waar alle individue sonder vrees, diskriminasie en geweld kan leef.”

Vir meer inligting oor Step Up Ark stuur ’n epos aan [email protected] of skakel 264 81 661 0051. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.63 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.52/OZ UP +0.48% | Copper US$ 4.47/lb DOWN -0.0083 | Zinc US$ 2 919.30/T UP 1.56% | Brent Crude Oil US$ 84.12/BBP DOWN -0.0297 | Platinum US$ 952.36/OZ UP +1.88% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.63 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.52/OZ UP +0.48% | Copper US$ 4.47/lb DOWN -0.0083 | Zinc US$ 2 919.30/T UP 1.56% | Brent Crude Oil US$ 84.12/BBP DOWN -0.0297 | Platinum US$ 952.36/OZ UP +1.88%