Nóg ’n man vermoor glo eksmeisie, hang homself
SA polisievroue besoek Namibië
Tydens Vrouemaand in Augustus is net die afgelope naweek 'n vrou op Rehoboth na bewering deur haar ekskêrel vermoor waarna hy homself om die lewe gebring het en 'n vrou van Aranos veg om haar lewe in 'n Windhoekse hospitaal nadat haar kêrel haar glo met 'n mes aangeval het.
Nóg ’n vrou is in Augustus tydens Vrouemaand in Namibië vermoor en ’n ander een is in ’n kritieke toestand in ’n Windhoekse hospitaal nadat hul eks- en kêrel hulle na bewering met messe aangeval het.
Die 50-jarige Sofia Nero is volgens die Namibiese polisie (Nampol) Sondagoggend deur haar ekskêrel, Christiaan Kooitjie (42), met ’n mes in haar nek gesteek is.
“Hy het haar omstreeks 04:00 in Blok E op Rehoboth in ’n ander man se huis gevind, geëis dat die deur oopgemaak word en toe die man weier, het Kooitjie ’n tuisgemaakte gewigstaaf gebruik om die deur met geweld oop te forseer,” lui die weeklikse misdaadverslag.
“Na bewering het die man vir Kooitjie met ’n mes in sy hand gesien toe hy die deur oopgeforseer het, hom uit die pad gestamp en op die vlug geslaan.”
Toe die man saam met die polisie terugkeer, was dit te laat met die oorledene wat met drie steekwonde aan die linkerkant van haar nek gevind is.
“Die polisie het die verdagte agternagesit, maar toe hulle omstreek 06:15 by sy huis, ook Blok E, aankom, is hy in sy slaapkamer gevind waar sy lewelose liggaam met skoenveters om sy nek gehang het.”
Kooitjie was as ’n sekuriteitswag werksaam. Die naasbestaandes is in kennis gestel en die polisieondersoeke duur voort.
Op Aranos is ’n saak van poging tot moord teen ’n 35-jarige man aanhangig gemaak nadat hy Vrydag omstreeks 18:20 oorkant FNB in die dorp na bewering sy meisie (26) met ’n okapi-mes in haar nek, gesig en liggaam gesteek het. Sy was op pad huis toe van die werk af en het ernstige beserings opgedoen.
Die slagoffer is na ’n plaaslike hospitaal gehaas en na Windhoek oorgeplaas vir verdere mediese aandag waar sy in ’n kritieke toestand is. Die verdagte is in hegtenis geneem en die polisieondersoek duur voort.
VROUEMAAND
Intussen is byna 450 polisievroue en amptenare van die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPS) tans op toer in Namibië.
Die groep het gister hul spanbou- en ander aktiwiteite op Swakopmund afgeskop ter ere van dié buurland se amptelike herdenking van Vrouemaand in Augustus. Onder leiding van generaal-majoor Anna Sitole, die distrikskommissaris van die SAPS in Ekurhuleni in die Gauteng-provinsie, ook bekend as die Oos-Rand, sal die besoek op 14 Augustus met ’n konferensie in Windhoek afsluit, voordat die nege busse vol afgevaardigdes op Vrydag 15 Augustus na Botswana sal reis.
Volgens die justisie-, misdaadvoorkomings- en sekuriteitsgroep van Suid-Afrika is Sitole ’n uitstaande polisieleier wat resultate lewer, met ’n diensrekord vol prestasies en voorbeeldige leierskap.
Op 1 Augustus het die amptelike groep haar op sosiale media aangehaal: “As vroue, laat ons mekaar motiveer, mekaar se hande vashou, kennis deel met medevroue in soortgelyke werk- en persoonlike omgewings,” sê sy en “wanneer jy ’n vrou bemagtig, bemagtig jy die nasie.”
Nampol se vrouenetwerk speel gasvrou en volgens Nampol se kommissaris Johanna Ndahafangondo, is hulle ook verantwoordelik vir die verskaffing van openbare veiligheid en sekuriteit, net soos Nampol vir alle besoekers aan Namibië doen. Ndahafangondo sê Nampol sal ook die konferensie Donderdag waarneem.
Padgebruikers is versoek om geduldig te wees terwyl die konvooi van nege busse op Namibië se paaie reis, veral Vrydag wanneer die afvaardiging via Gobabis en Buitepos na Botswana sal vertrek.
WILDSTROPERY
’n Saak van die onwettige jag van jagbare wild sonder ’n permit en op staatsgrond is Vrydag op Sesriem in die Namib-Naukluft Nasionale Park aanhangig gemaak nadat agt gemsbokke ter waarde van N$36 000 onwettig gejag is.
Die verdagte(s) het glo die park met ’n voertuig binnegaan en die polisieondersoek duur voort.
By Gochas is drie mans (31, 36 en 44) Vrydagmiddag in hegtenis geneem op ’n klag van die jag van jagbare wild sonder ’n permit. Hulle is op die plaas Inhoek in besit van ’n steenbok- en koedoekarkas gevind en kon nie ’n permit verskaf nie. Die boer se verlies van die steenbok is sowat N$3 000 en vir die koedoe sowat N$6 000.
Dieselfde drie mans het omstreeks 12:00 by die plaas Aukam, ook by Gochas, glo ’n kamp binnegegaan en een skaap ter waarde van N$2 500 geslag. Die karkas is teruggevind.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie