Man skiet meisie, homself
Die 36-jarige Nauseb Johannes het Maandag omstreeks 06:00 sy meisie, Sophia Mitche (30) op die plaas Baden Kerneels, sowat 53 km buite Grootfontein op die Rundu-hoofpad doodgeskiet en daarna homself geskiet. Volgens die polisie het Johannes die vuurwapen uit die kluis uit die plaashuis verwyder en na sy huis geneem waar hy sy meisie in die kop en daarna homself geskiet het. Geen selfdoodnota is gevind nie.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie