Man sak inmekaar, sterf
'n Man is Saterdag op Otjiwarongo dood, nadat hy skielik voor 'n toiletdeur by 'n vulstasie inmekaar gesak en gesterf het. Volgens die polisie se jongste misdaadverslag het Kristian Nampadhi omstreeks 19:00 voor 'n toiletdeur by die Puma-vulstasie op die dorp inmekaar gesak en gesterf. Hy het na bewering voor sy dood bloed opgegooi. Die ondersoek na die oorsaak van sy dood duur voort.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie