Die jongman is tydens die kaping herhaaldelik met ’n pistool teen die kop geslaan. Foto verskaf
Die jongman is tydens die kaping herhaaldelik met ’n pistool teen die kop geslaan. Foto verskaf

Man helder oordag in hoofstad gekaap

Herhaaldelik met pistool geslaan
Hy het die Here heeltyd gevra om hom kalmte te gee en 'n teken om te ontsnap.
Henriette Lamprecht
’n Jong man is ’n week gelede helder oordag in ’n besige straat in Windhoek wreed aangerand en van sy motor en van sy besittings beroof.

Die 26-jarige Windhoeker is Saterdag omstreeks 15:00 tussen die twee verkeersirkels in Robert Mugabe-rylaan in die rigting van Kleine Kuppe deur twee mans in ’n swart voertuig sonder registrasiemerke gekaap. Die mans het balaklawas aangehad.

Volgens die man het die motor skielik voor hom ingedraai en gestop en hy moes hard rem trap om nie in hul motor vas te ry nie. Hy het probeer om agteruit te ry, maar twee mans het hom deur sy oop venster oorrompel en met ’n pistool teen die kop geslaan.

Die een verdagte het agter in die motor geklim en die man is deur die gaping tussen die twee sitplekke agtertoe gepluk en gedwing om plat te lê. Die ander verdagte het intussen aan die bestuurder se kant ingeklim.

“Ek het probeer kyk waarheen ons ry en om bewus te bly van die omgewing, maar is herhaaldelik met die pistool teen my kop, slaap en nek geslaan. Ek dink hulle wou my bewusteloos slaan,” het hy in ’n telefoniese onderhoud vertel.

Die verdagtes het ook heeltyd gedreig om hom dood te maak as hy nie sy bankrekeningnommer aan hulle verskaf nie.

Die jong man is “agter Namib Mills op ’n grondpad in die berge” uit die voertuig gedwing en beveel om al sy klere en ook sy skoene uit te trek. Hy moes ook sy selfoon en bankkaart se kodes verskaf. Die twee verdagtes het sy hande en voete met sy skoenveters vasgemaak en weggery.

“Ek het die hele tyd vir God gevra om my net kalmte te gee. Ek het Hom ook vir ’n teken gevra dat ek kan ontsnap. Dit het begin reën wat gehelp het dat ek die veters kon loskry wat slap geraak het.”

Dit sou hom ’n uur neem om die veters losgewikkel te kry en hy kon om hulp gaan soek.

’n Werker by trokke ’n hele ent verder kon hom uiteindelik help. Hy het sy ouers en die polisie geskakel en inligting oor die voorval en sy motor is ook wyd in die sosiale media versprei. Die motor is later naby die Wanaheda-polisiekantoor gekry.

Volgens die man het die twee verdagtes die bloed van sy beserings en ook oral waar hulle aan die motor binne en buite geraak het, met handontsmettingsmiddel skoongemaak.

Hy het ’n klein Bybel in sy motor en een van die verdagtes het hom gevra of hy ’n Christen is.

“Toe ek ‘ja’ antwoord, het hy gesê hulle sal my nie doodmaak nie. God het my beskerm en het heeltyd sy Hand oor my gehou.”

Hy het inwoners gemaan om bewus te wees van hul omgewing en nie met ’n oop venster te ry nie.

“Hou jou motor se deure gesluit en veral mense wat op hul fone is, moet meer op hul omgewing konsentreer.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 9° | 27° Omaruru: 12° | 29° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 10° | 26° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:36, High tide: 14:05, Low Tide: 19:43, High tide: 02:00 Swakopmund: 14° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:34, High tide: 14:03, Low Tide: 19:41, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 21° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:34, High tide: 14:02, Low Tide: 19:41, High tide: 02:00 Rehoboth: 7° | 26° Mariental: 9° | 28° Keetmanshoop: 9° | 25° Aranos: 9° | 28° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 8° | 25° Oranjemund: 12° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 11° | 25° Lubumbashi: 11° | 29° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 10° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 17° | 27° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 11° | 18° Durban: 15° | 21° Johannesburg: 10° | 19° Dar es Salaam: 22° | 30° Lusaka: 14° | 28° Harare: 13° | 25° Currency: GBP to NAD 22.87 | EUR to NAD 19.34 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 18 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.3 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18 | USD to ZMW 25.55 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1780.52 Up +3.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9238.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.31/OZ DOWN -0.0005 | Copper US$ 4.49/lb UP +0.57% | Zinc US$ 2 880.60/T UP 0.84% | Brent Crude Oil US$ 85.48/BBP UP +0.02% | Platinum US$ 978.66/OZ UP +0.55% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 9° | 27° Omaruru: 12° | 29° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 10° | 26° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:36, High tide: 14:05, Low Tide: 19:43, High tide: 02:00 Swakopmund: 14° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:34, High tide: 14:03, Low Tide: 19:41, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 21° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:34, High tide: 14:02, Low Tide: 19:41, High tide: 02:00 Rehoboth: 7° | 26° Mariental: 9° | 28° Keetmanshoop: 9° | 25° Aranos: 9° | 28° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 8° | 25° Oranjemund: 12° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 11° | 25° Lubumbashi: 11° | 29° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 10° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 17° | 27° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 11° | 18° Durban: 15° | 21° Johannesburg: 10° | 19° Dar es Salaam: 22° | 30° Lusaka: 14° | 28° Harare: 13° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.87 | EUR to NAD 19.34 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 18 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.3 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18 | USD to ZMW 25.55 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1780.52 Up +3.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9238.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.31/OZ DOWN -0.0005 | Copper US$ 4.49/lb UP +0.57% | Zinc US$ 2 880.60/T UP 0.84% | Brent Crude Oil US$ 85.48/BBP UP +0.02% | Platinum US$ 978.66/OZ UP +0.55%