Foto ACC
Foto ACC

Khomas die leier in korrupsie

Die meerderheid korrupsieklagte aangemeld by die Teenkorrupsiekommissie (ACC) in die 2021-2022 boekjaar is in die Khomasstreek.

Uit 110 sake wat gedurende hierdie tydperk onder die ACC se aandag gebring is, was 57 in die hoofstad se streek.

Nog 22 sake is by die ACC-kantoor in die Erongostreek aangemeld, teenoor 18 in Oshana en 13 in Otjozondjupa. Dié syfers kom uit die betrokke jaarverslag van die ACC wat Woensdag in die parlement ter tafel gelê is.

Een bemoedigende kurwe wat in die jaarverslag uitgewys word, is die ACC se toenemende sukses in hofsake oor die laaste vyf jaar. Vanaf die vorige boekjaar toe vier uit vier afgehandelde hofsake op skuldigbevindings uitgeloop het, kon die ACC hierdie rekord in die 2021-2022 boekjaar selfs verder tot sewe uit sewe verbeter.

Voor dit was in 2017-2018 net een saak afgehandel, met ’n skuldigbevinding, voor die beskuldigde in een uit die tien sake in 2018-2019 vrygespreek is. In 2019-2020 kon die ACC net vyf uit nege sake wen.

Kommentaar

Republikein 2022-12-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer