No Image Caption

Kerkman probeer glo seun verkrag

Tienjarige kon glo daarin slaag om weg te kom
Die verdagte het reeds uit die pastoor se huis getrek en kan nie opgespoor word nie, het die seun se ma gesê.
Nuusredaksie
“Moet tog nie ’n klag gaan lê nie. Dit sal ’n groot skande vir die kerk beteken.”

Só het ’n pastoor na bewering aan ’n ma gesê nadat ’n manlike gemeentelid van ’n kerk in Otjomuise na bewering probeer het om haar tienjarige seun te verkrag. Die seun het op Sondag 10 September vanjaar by die pastoor se huis oorgeslaap.

Volgens die seun se ma het hy na die pastoor se huis gegaan waar hy gereeld gekuier het aangesien die man ook sy peetpa is.

’n Kerkman wat by die pastoor se huis gebly het, het na bewering gedurende die aand vir die seun gesê om by hom te kom slaap.

“Hy het sy broek afgetrek en iets gesmeer. My seun het wakker geskrik. Die broer het vir hom gesê om stil te bly en dat hy later geld vir hom sal gee,” het die ma gesê.

Die seun kon egter glo weghardloop.

Die seun het na bewering die volgende oggend die pastoor van die voorval ingelig en volgens die ma het die pastoor aan die seun gesê om nie daaroor te praat nie.

Hy het die seun na bewering by sy ma gaan aflaai en die seun het eers later daardie dag vir sy ma van die voorval vertel.

Die pastoor het glo die ma afgeraai om ’n klag te lê.’n Kollega het haar egter glo oorreed om verlede Woensdag ’n klag by die Katutura-polisiekantoor aanhangig te maak. Die seun het glo ook ’n verkragtingstoets ondergaan en sy beserings is aangeteken.

Woensdagoggend nadat ’n dokter die seun glo ondersoek en vasgestel het dat die seun amper verkrag is, het die pastoor die ma gebel.

“Ek onttrek van die saak, maak wat julle wil.”

SKOONVELD

Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie en het volgens die ma reeds uit die pastoor se huis getrek en kan nie opgespoor word nie.

KAMPVEGTER

Die menseregte-aktivis Rosa Namises het die vermeende voorval ten sterkste veroordeel.

Sy het opnuut ’n beroep op die president en enige toekomstige leier gedoen om ’n noodtoestand af te kondig rakende die verkragting van volwassenes en kinders, wat tans seuns insluit.

“Ons kinders is nêrens meer veilig nie. Dis nie die eerste keer dat ֹ’n persoon van ’n sogenaamde heilige plek kinders mishandel nie.”

“Ek doen ’n beroep op alle kerke om petisies op te stel en te betoog teen hul eie kerkmense, met dieselfde ywer waarmee hulle teen selfdegeslaghuwelike gekant was, om die kinders te beskerm.

“Die kerk moet standpunt inneem. Ek weet nie hoekom hulle so stil is wanneer een van hul kinders en veral seuns misbruik word nie.

“Dié voorval is nie die eerste nie en die kerk is vreesbevange en veroordeel Namibiërs wat homoseksueel is, maar bly stil wanneer kinders deur kerklede verkrag word.”

Namises het ook ’n beroep op burgerlike organisasie gedoen om op te tree.

“Ons moet wys dat ons ongelukkig is, want die kerk beteken nie veel nie. Ons moet betoog, nie net vir die beskerming van ons vroue en kinders nie, maar ook teen die dubbelsinnige gedrag van ons kerkleiers en lede.”

Volgens haar is die man van die kerk wat die ma gevra het om stil te bly ook nie die uitsondering nie.

“Families van verkragters kan vir die ma van ’n kind of die vrou self vra om stil te bly. So word vroue omgekoop om stil te bly. Hulle bly stil omdat hulle bang is om hulle huis, werk of verhouding te verloor en op die ou einde verloor hulle net hul kinders omdat ons in ’n patriargiese wêreld lewe. Patriarge sal altyd seëvier. Ons moet die stilte verbreek.

“Ons moet ons kinders en vroue beskerm – ons moet terugveg, maak nie saak wat dit kos nie.”

STATISTIEK

Die hoof van die eenheid vir geslagsgebaseerde geweld (GBV) in die Oshanastreek, hoofinspekteur Kaarina Shiimi, het onlangs gesê 61 verkragtings is tussen Januarie en Junie vanjaar in dié streek aangemeld, waarvan 25 slagoffers kinders is.

Gedurende dieselfde tydperk verlede jaar het die streek 258 GBV- en 41 verkragtingsake aangeteken, waarvan 20 kinders was.

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%