Imalwa moet nog beslis oor Shikongo se ongeluk in 2022
Ses maande nadat aanklaer-generaal, Martha Imalwa, die dossier ontvang het, moet sy nog besluit of die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo, vervolg sal word vir die noodlottige motorongeluk wat drie lewens geëis het.
Adjunk-inspekteur-generaal, Eneas Mutota, het verlede week aan Network Media Hub (NMH)) bevestig dat die dossier in April na Imalwa se kantoor gestuur is vir 'n beslissing.
“Die saak lê nou by die kantoor van die aanklaer-generaal. Ons het ons ondersoeke gedoen en voltooi,” het Mutota gesê.
Dit is die tweede keer dat die dossier na Imalwa se kantoor gestuur word nadat dit voorheen in Junie 2023 besorg is, maar 'n paar maande later na die polisie teruggestuur is, omdat meer inligting benodig is.
Toe sy gister vir kommentaar gekontak is, het Imalwa aan NMH gesê dat sy op die polisie sal reageer sodra sy haar besluit geneem het.
“Die besluit is nog nie geneem nie. Ek stel nie die media in kennis nie, ek stel die verantwoordelike persoon in kennis,” het Imalwa geantwoord.
FRUSTRASIE
Shikongo was betrokke in die ongeluk wat op 30 Desember 2022 omstreeks 01:00 plaasgevind het by die Iindangungu-nedersetting op die hoofpad tussen Ondangwa en Oshikango, toe sy private voertuig - 'n wit Toyota Hilux-dubbelkajuitbakkie - reg van voor met 'n wit Hyundai-sedanvoertuig gebots het.
Al drie insittendes van die Hyundai het op die toneel gesterf.
Die enigste oorlewende van die ongeluk, Shikongo, is na die hospitaal gehaas vir mediese hulp.
Die oorledenes is geïdentifiseer as Frans Pombili Ndengu (27) van die Omen-nedersetting, Sofia Natangwe Ananias (22) van die Onekwaya-Wes-nedersetting en Stefanus Hafeni Shahafifange Lukas (22) van die Eendobe-nedersetting.
Die ongeluk is in geheimhouding gehul, aangesien besonderhede steeds raaiselagtig is - selfs vir die oorledenes se families.
Daar was ook versoeke om Shikongo krimineel aan te kla, wat voorheen gesê het hy is nie immuun teen die wet nie en sal verhoor word indien nodig.
Sedert 2023 het die families van die oorledenes hul frustrasie uitgespreek oor hoe die saak hanteer word en beweer dat die polisie 'n misdaad toesmeer omdat hul baas betrokke is.
Hulle het kommer uitgespreek oor waarom Shikongo se voertuig onmiddellik van die toneel verwyder is en die ligging daarvan onbekend is.
Die aktivis Michael Amushelelo was voor in die koor vir die oproep vir geregtigheid in hierdie saak, waartydens Shikongo hom wettiglik gedreig het oor sy volgehoue opmerkings oor die ongeluk.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie