Honde verskeur ‘gesinsman’

Yandi Du Plessis
Tuyeimo Haidula - Die man wat Sondagoggend deur vyf honde by Oshakati aangeval en aan sy wonde dood is, was ’n geliefde “gesinsman” wat twee kinders agterlaat.

Ruben Abraham (44), ’n voormalige lid van die Namibiese weermag (NDF), is in die Oshakati-staatshospitaal dood waar hy opgeneem is ná die gru-aanval. Dit het gebeur toe hy op pad terug van Panama Tiles and Paint Wholesale was, waar hy as ’n veiligheidswag gewerk het.

Sy bedroefde familie het gister by die aanvalstoneel bymekaargekom om die honde te sien wat hulle “van ’n broodwinner beroof het”.

Een van Abraham se susters, Ndateelela Nghipandulwa, het vertel haar broer het in haar arms gesterf. Sy het gesê hy het gebloei en pyn gehad terwyl hy gewag het vir bystand van een van die staatsdokters by die hospitaal, wat glo nooit opgedaag het totdat hy reeds dood was nie.

Nog ’n suster, Albertina Nghipandulwa, het gesê haar broer het ’n pynlike dood gesterf en hulle moes hulpeloos toekyk.

Albertina het gesê wat hulle die meeste pynig is dat Abraham rondom 06:00 die oggend aangeval is en teen 15:00 nog nie behoorlike mediese hulp ontvang het nie.

“Hy het goed geveg. Maar die hospitaal het hom in die steek gelaat,” het sy gesê.

Albertina het gesê haar broer het vir hulle gesê hy moes voorgee hy is dood deur stil met sy gesig na die grond te lê en sy asem op te hou met die hoop dat die aanval sal ophou.

“Dit het gewerk en die honde het hom alleen gelaat waar hy toe deur ’n verbyganger ontdek is wat hulp en noodvoertuie ontbied het,” het sy gesê.

Abraham se siek ma was glo ook in sy sorg en hy het vir al die mediese rekeninge gesorg. Sy suster het gesê die familie sal vergader om te bespreek of daar regsverteenwoordiging vir vergoeding nodig sal wees. Vir eers het die honde-eienaar, ’n Chinese vrou genaamd Huang Lingyan, ingestem om die gesin by te staan met begrafnisreëlings.

UITGESIT

Die vyf honde – kruisings van rottweilers en Duitse herdershonde – is gisteroggend van kant gemaak. Die besluit om die honde uit te sit is geneem nadat nog ’n slagoffer, Simon Jafet (25) aangeval is. Jafet was gewapen en het twee keer op die honde geskiet en hulle het weggehardloop. Een het sy regterbobeen raakgebyt. Hy het mediese behandeling by die Oshakati-hospitaal ontvang en is dieselfde dag ontslaan. Dit volgens die polisiehoof van misdaadondersoeke in die Oshanastreek, adj. komm. Theophilus Kamati.

Kamati het gesê nadat voorlopige ondersoeke afgehandel is, sal die polisie besluit of die eienaar in hegtenis geneem gaan word om haar voor die hof te bring. Kamati het gesê aantygings is onwaar dat die polisie traag was om op te tree ná Sondag se aanval, hoewel daar Maandagoggend nog ’n aanval was.

“Dit is ’n baie hartseer voorval. Voor Vrydag behoort ons voorlopige ondersoeke afgehandel te wees en kan ons meer terugvoering aan die publiek gee,” het Kamati gesê. Aanvanklik is ’n saak van aanranding by die polisie aanhangig gemaak. Die klagte het na strafbare manslag verander nadat die slagoffer aan sy beserings dood is.

MOENIE HONDE TOESLUIT

Aktofel Malima, ’n dierewelsyninspekteur by Oshana se Dierebeskermingsvereniging (DBV), het gesê die voorval is ’n voorbeeld van mense se nalatigheid en die manier waarop die eienaars die honde grootgemaak het.

Malima het gesê hoewel rottweilers aggressief kan wees, is dit ook bekend dat hulle hoogs beskermend is.

“Hierdie honde is gewoonlik intelligent. Hulle is gehoorsaam. In hierdie geval is dit die wyse waarop hulle grootgemaak is. Dit is nie reg om honde toegesluit te hou nie aangesien hulle angstig raak,” het hy gesê.

Malima het gesê mense wat honde besit of in die toekoms beplan om honde te kry, moet seker maak dat hul honde interaksie met mense het.

“Gee aandag aan die hond. Gaan stap met die hond. Leer die hond hoe om by die huis te wees en ook met mense en in die gemeenskap om te gaan,” het hy gesê.

Malima het gesê as die slagoffer onwettig die eiendom betree het, sou die honde waarskynlik nie van kant gemaak word nie, maar in gevalle waar hulle uit hul erf ontsnap en mense aanval, moet dit gedoen word.

“Dit is nalatigheid aan die eienaar se kant en die honde het uitgekom. Hulle was sonder toesig, wat tot ’n lewensverlies gelei het.”

MENSE EERSTE

Die staatsveearts Herman Nelson het gesê hul plig is om menselewens te beskerm.

Nelson het gesê die besluit om die honde uit te sit is geneem weens die bedreiging wat hulle vir openbare veiligheid inhou.

“Ongelukkig is die lewe van ’n mens kosbaarder as dié van ’n hond. Dit is waghonde. Hulle het nie toegang tot mense nie. Toe ek hierheen kom, kon ek sien hulle is aggressief. Ons plig is om die lewens van enige gevaarlike diere menslik te beëindig sonder om enige skade te berokken,” het hy gesê.

Abraham word oorleef deur twee kinders en sy ma.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%