Herrie oor hommeltuie by Helmeringhausen
12 glo binne minder as ’n week opgemerk
Boere in die omgewing is in rep en roer oor hommeltuie en laagvlieënde ligte vliegtuie wat veral in die donker sonder toestemming oor hul plase vlieg.
Boere in die Helmeringhausen-omgewing in die ||Kharasstreek is bekommerd oor hommeltuie wat toenemend sonder hul toestemming oor hul plase vlieg.
Die voorsitter van Konkiep Farmers Watch (KFW), Malcolm Campbell, het aan Network Media Hub (NMH) gesê tussen 27 Julie en 1 Augustus 2025 is daar deur van die boere glo tot 12 hommeltuie op ’n slag op verskillende plekke in die gebied gesien.
Hy het gesê die hommeltuie word al hoe meer snags op verskeie plekke waargeneem, met die laaste een wat op 4 Augustus aangemeld is.
Op 19 Julie 2025 omstreeks 05:20 het die ondervoorsitter van KFW, Timm Miller, op pad na Helmeringhausen op sy plaaspad steeds binne sy plaasgrense, skielik ’n hommeltuig voor sy voertuig gesien.
“Dit gee vinnig pad die lug in en vlieg ook amper in ’n boom vas, tipies van iemand wat geskrik en besef het dit is onwettig daar en raakgesien is. Hy sien ook nog twee ander hommeltuie aan sy suidekant oor die koppe vlieg,” sê Campbell.
Van die hommeltuie is na beraming tot 1,5 m in deursnee, “veels te duur vir iemand plaaslik se speelgoed”.
Die hommeltuie was die hele tyd in sig terwyl Miller die 42 km na Helmeringhausen gery het.
Campbell sê die nuus is vinnig op KFW se WhatsApp-groep versprei en al die boere in die omgewing was in rep en roer en soek die skuldiges agter die hommeltuie.
Volgens hom het wild- en veediefstal tussen Helmeringhausen en Keetmanshoop met behulp van hommeltuie plaasgevind.
“Dis duidelik aan almal bekend dat jy net met so iets binne jou plaasgrense sonder toestemming mag vlieg en geensins oor jou grense sonder jou buurman en amptelike burgerlike lugvaarttoestemming nie,” benadruk Campbell
VLIEG IN DIE DONKER
“Dieselfde aand merk boere op verskillende plekke in die omgewing nog hommeltuie laat in die aand op, asook op ander plekke vroeg die volgende oggend voor sonop.
“Op 22 Julie om 05:00 vlieg ’n groot swart hommeltuig amper in ’n boer in sy bakkie noordoos van Helmeringhausen vas. Weer sien hy en nog ander boere op verskeie plekke die hommeltuie vroeg soggens.
“As niemand iets weet nie en niemand is vooraf ingelig nie, wat soek sulke goed dan hier en veral laat aande en vroeg soggens in die donker?” vra Campbell.
Volgens hom vlieg die hommeltuie oral rond sonder vooraf kennisgewing deur niemand aan enige boer of organisasie en betree private eiendom links en regs.
“Hier is duidelik onwettighede aan die gang en antwoorde word gesoek, maar ons kry geen antwoorde nie. Ons gaan op hoorsê-stories dat daar blykbaar Russiese geoloë in die gebied gesien is.
“Die twee weke voor die eerste hommeltuie opgemerk is, was hier laagvlieënde ligte vliegtuie opgemerk wat laag oor plase en plaasopstalle vlieg en ook geen inligting is hieroor bekend nie, behalwe dat dit blykbaar ook Russiese geoloë is, maar niemand is in kennis gestel nie,” sê Campbell.
Riaan van Rooyen, die woordvoerder van Headspring Investment, ’n filiaalmaatskappy van die Russiese Uranium One Group, het op navraag van Republikein bevestig dat hulle geen eksklusiewe eksplorasielisensies (EPL’s) in daardie omgewing het nie.
Drie Russiese geoloë met hommeltuie het volgens ’n betroubare bron vir drie weke by Maltahöhe tuisgegaan.
Campbell sê verder hulle het gehoor dat geologiese maatskappye blykbaar reeds by die Namibiese Burgerlugvaartowerheid (NCAA) aansoek gedoen het om die hommeltuie te mag vlieg, “maar geen skriftelike goedkeuring is nog uitgereik nie en die minister [van werke en vervoer] het blykbaar reeds mondelinge toestemming aan die maatskappye gegee om te mag vlieg”.
Boere meen hulle word in die donker gehou met inligting, sien die hommeltuie in hul private gronde rondvlieg, maar niemand is amptelik in kennis gestel nie met die persone agter die hommeltuie en vliegtuie ook aan niemand bekend nie.
“Is dit geologiese werk wat gedoen word? Is dit misdaad? Niemand weet nie, net klomp stories wat rondgaan en geen amptelike inligting of goedkeurings nie.
“Is dit nou maar die manier hoe dit in die toekoms gedoen gaan word? Die minister sê dit is reg, dan kan elke persoon maar aangaan en maak soos hy/sy wil sonder skriftelike goedkeuring om jou eiendom te betree?” is die vrae wat deur boere gevra word.
“Ons as boere wil self die voorreg hê om iemand goedkeuring te gee alvorens hy/sy jou grond of lae lugruim bo jou grond betree en rondkrap of rondkyk in jou privaatheid wat dit blyk ons duidelik nie meer het nie,” sê Campbell.
Die boere het by die Namibiese polisie om hulp aangeklop, wie se “advies aan ons was om een af te skiet en in te bring, dan kan dit na ’n selfoon nagespoor word, maar wat as ons moet instaan vir ’n skielike N$200 000-skade?”
NCAA
Republikein het aan die woordvoerder van die NCAA, Nelson Ashipala, gevra of aansoeke om permitte vir die vlieg van hommeltuie oor die omgewing ontvang is.
Hy het gesê slegs as die name van die aansoekers verskaf word, kan dit op die databasis gesoek word.
Hy het bevestig individue of entiteite wat hommeltuie (Remotely Piloted Aircraft Systems – RPAS) binne die Namibiese lugruim bedryf, moet operasionele goedkeuring van die NCAA verkry in ooreenstemming met nasionale lugvaartregulasies. Dit sluit spesifieke gebruiksvoorwaardes, goedgekeurde operasiegebiede en veiligheidsvereistes in.
“Ongelukkig is daar tans geen toegewyde stelsel in plek om ongemagtigde hommeltuie wat in die Namibiese lugruim bedryf word, op te spoor, na te spoor en te identifiseer nie.
“Die NCAA moedig die publiek egter sterk aan om enige vermoedelike onwettige hommeltuigaktiwiteit aan te meld,” het Ashipala gesê.
Om die NCAA te help om patrone te identifiseer en die nodige opvolgaksie en ondersoeke te neem, word versoek dat enige verslae soveel as moontlik van die volgende inligting insluit:
• Datum en tyd van die voorval;
• Presiese ligging;
• Tipe of voorkoms van die hommeltuig (grootte, kleur, klank, hoogte);
• Moontlike ligging van die operateur of enige individue wat die hommeltuig beheer.
Die bekroonde joernalis, John Grobler, en Nrupesh Soni se saak duur Maandag in die Gobabis-landdroshof voort nadat hulle daarvan beskuldig is dat hulle in 2022 met Soni se hommeltuig oor Gerrie Odendaal se plaas in die Gobabis-distrik sonder sy toestemming gevlieg het.
– [email protected]
Kyk na die video van Timm Miller by https://q.my.na/DSV1

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie