Bank of Namibia (BON) Governor Johannes !Gawaxab
Bank of Namibia (BON) Governor Johannes !Gawaxab

!Gawaxab dreig Amushelelo met regsgeding

Rita Kakelo
Die aktivis Michael Amushelelo staar weer eens dreigemente van regstappe in die gesig nadat hy die Bank of Namibia (BoN) se goewerneur en bedrogbeskuldigde, Johannes !Gawaxab, se persoonlike selfoonnommer in die sosiale media gedeel het.

Amushelelo het in reaksie gesê dit is ’n lagwekkende aanval aangesien hy hom nie dagvaar vir “vals” bewerings van korrupsie nie, maar eerder die feit dat hy sy selfoonnommer uitgelek het.

“In plaas daarvan om my te dagvaar vir al die korrupsiebewerings wat ek teen hom gemaak het, het Johannes !Gawaxab egter gekies om my te dagvaar omdat ek sy nommer gedeel het.

“Dis lagwekkend. Ek kan nie wag om hom in die hof te kry omdat ek sy nommer gedeel het nie. Die regter sal wees soos: ‘So, meneer Amushelelo, hoekom het jy sy nommer gedeel?’ en ek sal wees soos: ‘Omdat hy ’n korrupte dief is’,” lui sy Facebook-plasing.

Intussen weier Amushelelo om die nommer van sy profiel te verwyder en het dit inteendeel daarna weer gedeel.

“Ek sal nie deur diewe stilgemaak word nie. Ek sal aanhou baklei tot al hierdie korrupte individue in die tronk is. Laat weet vir Johannes dat ek sal aanhou om sy nommer te deel.”

Luidens ’n verklaring wat verlede week aan Amushelelo gerig is, het !Gawaxab se prokureur, Norman Tjombe, gesê die deel van die nommer het daartoe gelei dat !Gawaxab talle dreigende boodskappe van onbekende nommers, sowel as van Amushelelo, ontvang het.

Tjombe het in die verklaring aangedui dat !Gawaxab ’n dringende aansoek teen Amushelelo in die hoërhof in Windhoek aanhangig gaan maak. Hy gaan ook ’n kostebevel teen Amushelelo aanvra, aangesien hy versuim het om onmiddellik die nommer van sy sosialemediaplatforms te verwyder, nadat hy versoek is om dit te doen.

Amushelelo het ’n reeks plasings in die sosiale media gemaak waarin hy !Gawaxab beskuldig van korrupte tendertoekennings wat hy glo van sy medebeskuldigde en die minister van finansies en staatsondernemings, Iipumbu Shiimi, ontvang het.

“Die doel om die nommer te deel is sodat Namibiërs hom kan bel en hom kan vra of hy nie ’n tender vir N$451 miljoen ontvang het nie.”

In ’n plasing van 10 Mei het Amushelelo Shiimi daarvan beskuldig dat hy sy invloed gebruik het om !Gawaxab te help om ’n tender van N$451 miljoen onregmatig te bekom.

Hy het gesê die Bodevalueringskomitee (BEC) het in 2022 aanbeveel om die tender te kanselleer, maar dit is glo nooit herevalueer of weer geadverteer nie.

Amushelelo het beweer terwyl die land oor president Hage Geingob se dood gerou het, was Shiimi en !Gawaxab besig om te konkel om die tender aan hulself toe te ken.

In die verklaring deur Tjombe beweer hy dat Amushelelo se optrede met verwysing na die deel van die nommer, ’n strafregtelike daad is ingevolge die Wet op Kommunikasie no. 8 van 2009.

“Dit kan streng strawwe van tot vyf jaar gevangenisstraf of ’n boete van N$20 000 tot gevolg hê.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 15 vs 64 DHL Western Province | Hollywoodbets Sharks XV 21 vs 31 Airlink Pumas | Vodacom Bulls 25 vs 13 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 25 vs 13 Suzuki Griquas Rugby World Cup U20: England U20 21 vs 13 France U20 | Australia U20 6 vs 14 Argentina U20 | Ireland U20 24 vs 38 New Zealand U20 | Italy U20 13 vs 24 Georgia U20 | Wales U20 31 vs 47 South Africa U20 | Spain U20 24 vs 19 Fiji U20 Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 34° Eenhana: 13° | 34° Oshakati: 14° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 17° | 30° Otjiwarongo: 11° | 29° Omaruru: 12° | 30° Windhoek: 8° | 25° Gobabis: 8° | 30° Henties Bay: 11° | 17° Wind speed: 16km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:00, High tide: 04:01, Low Tide: 22:27, High tide: 16:30 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 15km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:58, High tide: 03:59, Low Tide: 22:25, High tide: 16:28 Walvis Bay: 10° | 20° Wind speed: 17km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:58, High tide: 03:58, Low Tide: 22:25, High tide: 16:27 Rehoboth: 9° | 27° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 9° | 24° Aranos: 9° | 28° Lüderitz: 11° | 19° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 11° | 27° Lubumbashi: 13° | 31° Mbabane: 12° | 23° Maseru: 3° | 19° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 30° Maputo: 17° | 24° Windhoek: 8° | 25° Cape Town: 9° | 15° Durban: 13° | 21° Johannesburg: 12° | 22° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 30° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23.54 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.28 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.07 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.58 | USD to EGP 48.36 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1584.2 | USD to ZAR 18.25 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1757.83 Down -0.25% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13623.01 Up +0.20% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28783.24 Up +0.45% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 393.80/OZ DOWN -0.0074 | Copper US$ 4.20/lb DOWN -0.0125 | Zinc US$ 2 748.80/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 82.66/BBP DOWN -0.0082 | Platinum US$ 945.16/OZ DOWN -0.0256 Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 15 vs 64 DHL Western Province | Hollywoodbets Sharks XV 21 vs 31 Airlink Pumas | Vodacom Bulls 25 vs 13 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 25 vs 13 Suzuki Griquas Rugby World Cup U20: England U20 21 vs 13 France U20 | Australia U20 6 vs 14 Argentina U20 | Ireland U20 24 vs 38 New Zealand U20 | Italy U20 13 vs 24 Georgia U20 | Wales U20 31 vs 47 South Africa U20 | Spain U20 24 vs 19 Fiji U20 Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 34° Eenhana: 13° | 34° Oshakati: 14° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 17° | 30° Otjiwarongo: 11° | 29° Omaruru: 12° | 30° Windhoek: 8° | 25° Gobabis: 8° | 30° Henties Bay: 11° | 17° Wind speed: 16km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:00, High tide: 04:01, Low Tide: 22:27, High tide: 16:30 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 15km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:58, High tide: 03:59, Low Tide: 22:25, High tide: 16:28 Walvis Bay: 10° | 20° Wind speed: 17km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:58, High tide: 03:58, Low Tide: 22:25, High tide: 16:27 Rehoboth: 9° | 27° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 9° | 24° Aranos: 9° | 28° Lüderitz: 11° | 19° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 11° | 27° Lubumbashi: 13° | 31° Mbabane: 12° | 23° Maseru: 3° | 19° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 30° Maputo: 17° | 24° Windhoek: 8° | 25° Cape Town: 9° | 15° Durban: 13° | 21° Johannesburg: 12° | 22° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 30° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.54 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.28 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.07 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.58 | USD to EGP 48.36 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1584.2 | USD to ZAR 18.25 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1757.83 Down -0.25% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13623.01 Up +0.20% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28783.24 Up +0.45% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 393.80/OZ DOWN -0.0074 | Copper US$ 4.20/lb DOWN -0.0125 | Zinc US$ 2 748.80/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 82.66/BBP DOWN -0.0082 | Platinum US$ 945.16/OZ DOWN -0.0256