• Tuisblad
  • Misdaad
  • Chinese sakeman in Hochlandpark van N$3,3 miljoen beroof
Nuwe, nuwe nuusbreker
Nuwe, nuwe nuusbreker

Chinese sakeman in Hochlandpark van N$3,3 miljoen beroof

Ronelle Rademeyer
’n Chinese sakeman in die konstruksiebedryf is Woensdagoggend deur ses rowers met ’n vuurwapen aangehou en by sy huis in Riethaanstraat in Hochlandpark van N$3,3 miljoen se kontant en goedere beroof. Dit sluit drie skootrekenaars, vier selfone en die CCTV-stelsel se geheueboks in.

Volgens komm. Ismael Basson, bevelvoerder van die polisie in die Khomasstreek, het die voorval omstreeks 10:00 plaasgevind.

Dit blyk hulle het die sekuriteitswag oorrompel en daarna die voordeur se klokkie gelui.

Hy sê die mans het geld geëis en aanvanklik is N$24 000 aan hulle oorhandig. Hulle het egter aangedring die kluis moet oopgesluit word, waarin daar glo N$1,1 miljoen en US$10 000 was.

Die mans het daarmee op die vlug geslaan. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Kommentaar

Republikein 2025-09-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer