C-Sixty-ooreenkoms nié korrup, sê Kandjoze

'Gaan ons skootrekenaars, selfone deur'
Vier jaar nadat hy uit die portefeulje verwyder en deur president Geingob by die ACC aangegee is, bly die Namdia-ooreenkoms van N$1,5 miljard 'n albatros om die voormalige minister se nek.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage – Obeth Kandjoze, die voormalige minister van myne en energie, sê geen korrupsie was betrokke by die toekenning van ’n kontrak van N$1,5 miljard aan C-Sixty, ’n voormalige sanitasiemaatskappy sonder enige ervaring in diamantwaardasie, om Namib Desert Diamonds (Namdia) se diamante te waardeer nie.

Die omstrede ooreenkoms het tot gevolg gehad dat president Hage Geingob vir Kandjoze en Sacky Shanghala, destyds die prokureur-generaal, by die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) aangegee het vir hul beweerde rol in dié ooreenkoms.

Hoewel die ACC Kandjoze nie daarna vir korrupsie aangekla het nie, is die minister verplaas en het hy die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie geword, ’n pos wat hy tans steeds beklee.

DIE UITVAL

Geingob het spesifiek vir Kandjoze gesê hy skuif hom uit die mynbouportefeulje vanweë bewerings van korrupsie teen hom.

Shanghala, wat tans in die tronk is oor sy beweerde betrokkenheid by die Fishrot-skandaal, is uit sy pos as prokureur-generaal verwyder en het die minister van justisie geword – sy laaste regeringspos voordat hy inderhaas bedank het oor die Fishrot-korrupsieskandaal, waarvoor hy tans verhoorafwagtend is.

’n Ondersoek deur ons susterkoerant Namibian Sun in Januarie 2021 het uiteengesit hoe Kandjoze en Shanghala Namdia kon dwing om sy diamante aan C-Sixty aan te bied.

Die destydse voorsitter van die Namdia-raad, wyle Shakespeare Masiza, was gekant teen die ooreenkoms, maar Kandjoze het uiteindelik sy sin gekry.

Die kontrak is aan C-Sixty toegeken ondanks die feit dat Namdia reeds vir Niel Haddock as konsultant vir waardasiewerk gehad het.

OORTUIGENDE AANBOD

Kandjoze het verlede week op Namibian Sun se aandprogram The Agenda verskyn en daarop gewys dat hy nie verdere oortuiging nodig gehad het om die winsgewende kontrak aan C-Sixty toe te ken nie, ten spyte daarvan dat die maatskappy destyds nog net drie maande in die diamantbedryf was.

“Gegewe die uitgebreide, tegnologiese aansoek en sakeplan wat ingedien is, was dit vir ons duidelik. Dit is nie net die minister wat gaan sit het nie, dit was die permanente sekretaris, ons almal om na daardie ding [finale aansoek] te kyk,” het Kandjoze gesê.

Dit was ’n wedloop teen tyd om te verseker dat Namdia sy diamante kan waardeer en verder verkoop, en die aanstelling van die regte maatskappy om die waardasie vir dié staatsentiteit te doen was ’n sorgvuldige proses, het Kandjoze verduidelik.

“Die enigste stuk van die legkaart wat nog soek was, was ’n diamantwaardeerder, en ons moes haas om seker te maak ons het ’n maatskappy wat aan die nodige kriteria voldoen,” het hy gesê.

GEEN VERTROULIKE INLIGTING GEDEEL

Kandjoze het ook die platform van The Agenda gebruik om bewerings te ontken dat hy en Shanghala belangrike inligting aan C-Sixty kon deurgee om die maatskappy in staat te stel om die winsgewende tender te wen.

“Begin om na te spoor hoe Kandjoze en Sacky daardie inligting uitgelek het. Dit kan nie die onderwerp onder verdenking wees nie; kry ons skootrekenaars en ons selfone en spoor dit na en bewys dit, anders as om dit aan die publiek oor te laat om hul eie menings te vorm,” het hy gesê.

Kandjoze het gesê hy is betrek by die proses om Namdia te stig, ’n proses wat reeds deur sy voorganger, Isak Katali, aan die gang gesit is.

“Toe ek aangestel is, was dit werk wat die vorige minister agtergelos het. Tussen hulle en my en die res van die span weet ek nie wat kon gebeur het nie,” het Kandjoze gesê.

VAN SANITASIE NA WAARDASIE

Wenkbroue het die eerste keer in Januarie 2016 gelig toe C-Sixty met behulp van ’n bestaande sanitasiedienstemaatskappy gestig is en daarna bloot die naam en hoofdoelwit na dié van diamantverwante bedrywighede verander het.

Die maatskappy het destyds Amalooloo Sanitation Traders (Pty) Ltd geheet en het sanitasiedienste aangebied.

In Mei 2016 is die maatskappy in ’n diamantwaardasie-entiteit omskep en het die winsgewende Namdia-tender losgeslaan.

Vrae is geopper oor hoe die eienaars van C-Sixty bewus geword het van die geleentheid as die ooreenkoms eers in Mei 2016 bekend gemaak is.

Verskeie besonderhede wat in die verkoops- en bemarkingsooreenkoms vervat is, soos die stigting van Namdia, die toekenning van diamantaankope, en ander besonderhede, het eers in 16 Mei 2016, toe die ooreenkoms tussen die regering en De Beers onderteken is, openbare kennis geword.

Tom Alweendo, die huidige minister van myne, het intussen die kontrak op ys geplaas. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%