Bejaarde man in Swakopmund aangeval
Vyf verdagtes nog op vrye voet
Verskeie padongelukke die naweek het tot lewensverliese en ernstige beserings gelei.
'n Bejaarde inwoner van Swakopmund is Saterdag deur vyf gewapende mans in sy huis aangerand, vasgebind en beroof.
Volgens die hoofwoordvoerder van die Namibiese polisie, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, het die 83-jarige man sy motorhuisdeur Saterdag omstreeks 11:15 oopgemaak nadat iemand geklop het, toe vyf verdagtes hom gegryp en met geweld boontoe gesleep het.
"Hulle het sy arms en bene met skoenveters aan 'n stoel vasgebind en die huis vir waardevolle items begin deursoek," het sy gesê.
Die groep het na bewering 'n rewolwer met ammunisie, masjinerie, juweliersware, vleis, wyn, twee televisiestelle en kontant ten bedrae van N$1 200 uit die huis in Venita gesteel voordat hulle in 'n rooi VW Polo gevlug het. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Op Keetmanshoop is 'n 33-jarige vrou in die vroeë oggendure van Vrydag in die Krönlein-begraafplaas glo verkrag voordat sy van 'n koeldrank en 'n bottel Tassenberg-wyn beroof is. Shikwambi het bevestig dat ’n 26-jarige man in hegtenis geneem is.
Verskeie ander voorvalle van seksuele geweld is die naweek aangemeld. Op Oniipa is 'n 17-jarige huiswerker na bewering deur verskeie verdagtes uit haar kamer gesleep en buite verkrag nadat een van hulle glo probeer het om haar van haar selfoon te beroof. Niemand is in hegtenis geneem nie.
'n Meisie (14) van Kuisebmond is swanger nadat sy glo deur 'n 47-jarige man verkrag is. Hy het glo op 12 Oktober by 'n sinkhuis ingebreek waar die meisie en haar agtjarige broer geslaap het waar hy haar glo verkrag het. Die verdagte is in hegtenis geneem.
'n Konfrontasie het in Windhoek se Okahandja Park ontvou waar 'n taxibestuurder na bewering vir Innocent Shawn doodgeskiet het nadat hy deur 'n groep mans aangeval is, insluitend 'n kliënt wat hy in die dorp opgetel het. Shikwambi het gesê die bestuurder is glo aangerand, sy venster is stukkend geslaan waarna hy sy pistool uitgeruk en geskiet het. Die ondersoek duur voort.
Intussen het verskeie padongelukke tot lewensverliese en ernstige beserings gelei. In die Outjo-distrik is die 27-jarige passasier, Benny Haodom, op slag dood toe die bestuurder van 'n dubbelkajuitbakkie glo vir 'n tarentaal uitgeswaai en die voertuig omgeslaan het. In 'n aparte voorval in Windhoek is 'n ongeïdentifiseerde voetganger doodgery toe 'n VW Polo hom langs Sam Nujoma-rylaan getref het.
In Maltahöhe het 'n negejarige seun gebreekte bene en kopbeserings opgedoen toe hy deur 'n motor getref is. Die polisie het berig dat hulle 'n leë bierblikkie in die motor gevind het en die 27-jarige bestuurder is in hegtenis geneem.
In Havana in Windhoek, ondersoek die polisie 'n verberging van geboorte nadat 'n fetus wat in 'n plastieksak toegedraai is, deur 'n man ontdek is wat skrootmetaal versamel het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie