FOTO ARGIEF
FOTO ARGIEF

Bejaarde egpaar wreed aangerand

KORT
KORT
Adam Hartman

’n Bejaarde egpaar in hul laat 70’s tot vroeë 80’s is Woensdag in die vroeë oggendure tydens ’n gewelddadige huisroof op Rössmund Estate by die Rössmund Gholfklub buite Swakopmund wreed aangerand.

Die voorval het na bewering tussen 03:00 en 04:00 plaasgevind. Drie verdagtes het glo deur ’n badkamervenster toegang tot die huis verkry terwyl die egpaar geslaap het.

Volgens inligting van nood- en sekuriteitspersoneel wat die toneel was, het die bejaarde vrou wakker geword om die badkamer te gebruik en is sy deur een van die verdagtes gekonfronteer. Sy en haar man is aangerand en vasgebind terwyl die huis deursoek is.

Die vrou het die aanvallers na bewering gesmeek om hulle nie seer te maak nie. Sy is glo deur een van die verdagtes beveel om “stil te bly” terwyl hy met die aanranding voortgegaan het. Haar man het na bewering gemaak of hy dood is vir die aanranding om te stop.

  • Items wat gesteel is, sluit selfone, skootrekenaars en juweliersware in wat as van groot sentimentele waarde beskryf word. Die egpaar kon eers hulp ontbied nadat hulle hulself kon loswikkel. Die egpaar is na 'n hospitaal vir mediese behandeling gebring. Die vermoede is dat die man onder meer gebreekte ribbes het, maar albei slagoffers is na berig word in ’n stabiele toestand en nie in lewensgevaar nie. Geen arrestasies is teen druktyd gemaak nie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2026-03-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer