Dié argieffoto van 2016 wys hoe duisende vissermanne gestaak het en van die geskiedenis wat tot die regering se program om werksgeleenthede in die visvangbedryf te verseker, gelei het.
Dié argieffoto van 2016 wys hoe duisende vissermanne gestaak het en van die geskiedenis wat tot die regering se program om werksgeleenthede in die visvangbedryf te verseker, gelei het.

Werksgeleenthede in visbedryf verseker

Verlenging van kontrakte
Die totale ooreenkomste sal die betrokke maatskappye magtig om 13 600 ton vis hierdie seisoen te vang.
Augetto Graig
Die minister van visserye en mariene hulpbronne, Derek Klazen, het verlede week Woensdag ooreenkomste met verskeie stokvismaatskappye onderteken om werksgeleenthede vir vissermanne in Walvisbaai te verseker.

Dit in ruil vir viskwotas.

Volgens die ministerie se woordvoerder, Uaripi Katjiukua, word die regering se program om werksverliese in die visbedryf te herstel deur die verlenging van die ooreenkomste vir 12 maande ondersteun.

Ooreenkomste is onder meer met Tunacor, Seaworks, Marlus en Hangana onderteken.

Daarvolgens sal Tunacor werk aan 180 vissermanne verskaf, Seaworks aan 119, Marlus aan 92 en Hangana sal nog 290 werksgeleenthede verseker.

Die ministerie het ook aangekondig dat nog soortgelyke ooreenkomste met vismaatskappye in die maasbankerbedryf gesluit sal word.

Nadat die ooreenkomste gefinaliseer is, sal die ministerie werksgeleenthede aan sowat 1 700 vissermanne verseker, volgens Katjiukua.

Hy voeg by die geleenthede is vir voltydse werk en dat dit nie, soos in die verlede, inkomste vir vissermanne wat by die huis sit, sal voorsien nie.

Die totale ooreenkomste sal die betrokke maatskappye magtig om 13 600 ton vis hierdie seisoen te vang teen ’n kwota van agt ton per visserman.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan #N/A Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% #N/A