OVERCROWDED: The Kavango East Region grapples with overcrowded holding cells. Photo Contributed.
OVERCROWDED: The Kavango East Region grapples with overcrowded holding cells. Photo Contributed.

Tronke oorvol

Voertuie oud, infrastruktuur val uitmekaar
Die oorvol selle kan ook toegeskryf word aan die stadige ondersoek van sake wat tot verdere vertragings en uitstel van sake lei.
Henriette Lamprecht
Nikanor Nangolo - Polisieselle in Kavango-Oos is oorvol, voertuie wat gevangenes moet vervoer is oud en die infrastruktuur val uitmekaar. Dit aldus die polisie se waarnemende bevelvoerder vir die streek, adjunkkommissaris Eino Nambahu, tydens 'n voorlegging aan die staande komitee vir buitelandse aangeleenthede, verdediging en sekuriteit oor die stand van polisieselle en -barakke.

Ten spyte van 'n kapasiteit van net 260 in selle, het die streek tans 'n totaal van 394 gevangenes by vier polisiekantore. Uit dié totaal is 367 Namibiërs en 27 buitelandse gevangenes.

"Die getal verander voortdurend omdat sommige van die aangehoudenes hof toe geneem word, borgtog kry of gevonnis word en na die hoofgevangenis gebring word. Omdat misdaad nooit stop nie, gaan ons voort om mense in hegtenis te neem en wat die aantal aangehoudenes in selle verhoog," het Nambahu verduidelik.

By twee van die polisiekantore in die streek is daar tans meer aangehoudenes as waarvoor die selle kapasiteit het. Die polisiekantoor in Rundu het 'n selkapasiteit van 100, terwyl dit tans 270 gevangenes huisves. By die polisiekantoor in Divundu word 60 gevangenes aangehou, terwyl die selle net kapasiteit vir 30 het. Volgens Nambahu keer sommige aangehoudenes nie terug hof toe, nadat borgtog aan hulle toegestaan is nie.

"Op die ou einde word hul sake van die hofrol geskrap. Om uit te vind waar hulle hulself bevind, het gewoonlik uitdagings. Die meeste van die aangehoudenes in die selle is dié verantwoordelik vir geringe misdade. Ons is besig met gesprekke met die hof om te kyk of ons van hierdie sake kan skrap, veral vir aangehoudenes wat vir geringe misdade aangekla word en om sodoende die oorbevolking in selle te verminder. Ons wil met hierdie benadering verseker ons doen dit reg sodat ons nie die pleeg van geringe misdade onder die publiek aanmoedig nie."

Die hoof van misdaadondersoeke in die streek Bonifatius Kanyetu sê die oorvol selle kan ook toegeskryf word aan die stadige ondersoek van sake en wat tot verdere vertragings en uitstel lei.

"Ons het net 105 ondersoekers in die streek. Elkeen is veronderstel om 'n maksimum van 50 gevalle hanteer, maar ondersoekers hanteer sowat 250 gevalle wat dit moeilik maak om voortgeset aan elke saak te werk," het Kanyetu gesê.

Nambahu het ook die behoefte vir die opknap en verbetering van die polisie se infrastruktuur in die streek beklemtoon.

“Ons infrastruktuur, veral die polisiekantore en die streek se hoofkwartiere, is stadig besig om agteruit te gaan. Dit geld ook vir die streek se vloot voertuie en in veral dié wat lyke en aangehoudenes na die hoofgeriewe vervoer. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 33° Oshakati: 23° | 32° Ruacana: 20° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 23° | 31° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 26° | 39° Keetmanshoop: 25° | 40° Aranos: 26° | 39° Lüderitz: 19° | 31° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 24° | 37° Lubumbashi: 15° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 23° | 31° Cape Town: 20° | 28° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 16° | 28° #REF! #REF!