‘Tegniese fout’ vertraag pensioenuitbetalings
Betalings word vandag verwag
Die ministerie van geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn sê 'n tegniese fout dra dié keer die blaam vir laat pensioenuitbetalings.
Pensioenarisse landswyd het gister teen die sesde van die maand steeds nie hul maandelikse toelaag ontvang wat vir baie hul enigste inkomste is nie.
Volgens mnr. Joshua Odendaal is hy en sy vrou van die toelaes afhanklik en ontvang die egpaar dit gewoonlik teen die derde van die maand. Odendaal meen kommunikasie vanaf die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn sou die hou van die laat betaling van toelaes aan bejaardes versag het.
“Ek dink regtig ‘n SMS sou nie skade gedoen het nie,” het hy gesê.
Nog ‘n begunstigde wat verkies het om anoniem te bly, sê die laat betaling van toelaes is iets wat gereeld kop uitsteek.
“Hulle was verlede maand ook laat. In Februarie verlede jaar het hulle dit nooit betaal nie en is dit ook nooit reggestel nie. Dit skep vir my die indruk hulle probeer speel vir tyd om die geld bymekaar te kry,” het hy gesê.
Minister Doreen Sioka het by navraag gesê sy is onbewus dat pensioenarisse steeds op hul toelaes wag.
“Ek het gedink hulle het dit gekry,” het sy gesê voor sy alle navrae na haar uitvoerende direkteur, me. Esther Lusepani, verwys het.
Lusepani het laat gistermiddag in 'n verklaring die blaam op ‘n tegniese fout geplaas en beloof betalings sal vandag gefinaliseer wees. Volgens haar moes die betalings reeds op 2 Junie verwerk word. Dit kon weens 'n tegniese fout tussen haar ministerie en dié van finansies nie plaasvind nie.
"Die fout is intussen reggestel en die betaling sal teen Dinsdag 7 Junie afgehandel wees,” het sy gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie