Stryd teen geslagsgeweld versterk
Die assistent- sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN) en adjunk- uitvoerende direkteur van UN Women, Nyaradzayi Gumbonzvanda, besoek Namibië van 29 tot 31 Julie as deel van ’n hoëvlak-voorspraaksending wat daarop gemik is om die aanneming en bekragtiging van die Afrika-Unie (AU) se konvensie oor die beëindiging van geweld teen vroue en meisies (AU-CEVAWG) te versnel.
Die sending word gelei deur die AU se direktoraat vir vroue, geslag en jeug, in samewerking met die Spesiale Rapporteur oor die regte van vroue in Afrika van die Afrika-kommissie vir mense- en volkeregte, met ondersteuning van die Pan-Afrikaanse Vroueorganisasie (PAWO).
Volgens UN Women is die doel van die besoek om politieke leierskap te mobiliseer en Afrika-unie-lidlande se verbintenis tot die aanneming, bekragtiging, implementering en toepassing van die konvensie te versterk. Die konvensie is daarop gemik om wetlike en beleidsmaatreëls teen geweld teen vroue en meisies oraloor die vasteland te verbeter.
Tydens die besoek vergader Gumbonzvanda en ander afgevaardigdes met die Namibiese regering en ander rolspelers.
Die missie word môre (Vrydag) afgesluit met die viering van Pan-Afrikaanse Vrouedag. - [email protected]


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie