Sowat 460 buitelanders in plaaslike tronke
Vonnisse in tuislande uit te dien
Terselfdertyd dien 69 Namibiese burgers vonnisse uit in verskeie lande oraloor die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingstreek (SADC).
Die adjunkminister van die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Lucia Witbooi, het dié statistiek Maandag tydens ’n spesiale sitting van die Nasionale Vergadering (NV) bekend gemaak.
Die getal was deel van haar motivering vir die bekragtiging van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se konsepprotokol oor die oorplasing van veroordeelde oortreders tussen lande wat sy voorgelê het.
Volgens Witbooi, is 459 van die 465 buitelandse gevangenes van die SADC-streek, terwyl 15 van lande buite dié streek is.
“Terselfdertyd dien 69 Namibiese burgers vonnisse uit in verskeie lande oraloor die SADC-streek,” het sy aan die parlement gesê.
NABY FAMILIE
Die hoofdoel van die konsep-inisiatief is om veroordeelde oortreders toe te laat om hul vonnisse in hul tuislande uit te dien.
Die protokol is deur die SADC-beraad goedgekeur en in Augustus 2019 onderteken.
Witbooi het beklemtoon dat gevangenes wat vonnisse in die buiteland uitdien uitdagings met rehabilitasie en sosiale herintegrasie in die gesig staar.
“Studies het deurgaans gevind dat gevangenes wat noue kontak met hul familielede behou terwyl hulle in aanhouding is, beter uitkomste het ná vrylating sowel as laer koerse van heroortredings,” het sy verduidelik.
OORBEVOLKING
Sy het ook opgemerk die oorplasing van buitelandse gevangenes na hul tuislande sal help om die oorbevolking in tronke te verlig.
Drie maande gelede het die hoof van die Namibiese polisie, inspekteur-generaal Joseph Shikongo, kommer uitgespreek oor oorbevolking in polisieselle oraloor die land.
Hy het sommige beamptes se gedrag – wat individue vir skedule 1-oortredings op Donderdae in hegtenis neem, met die wete dat Vrydag die enigste hofdag is en mense gedwing word om die naweek in aanhouding deur te bring – gekritiseer en daarop gewys dat dit oorbevolking verder vererger.
Die Wanaheda-polisieselle het meer as 200 gevangenes op ’n slag gehuisves. In Katima Mulilo het selle wat ontwerp is vir 80 gevangenes tot 300 gehuisves.
Net so, in die Kavango-Oosstreek, huisves polisie-aanhoudingselle met ’n kapasiteit van net 260, tans meer as 394 gevangenes in vier polisiekantore.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie