Johny Smith. Foto argief
Johny Smith. Foto argief

Smith verlaat TransNamib einde Maart

Iréne-Mari van der Walt
TransNamib het Donderdag aangekondig dat sy paaie met dié van sy uitvoerende hoof, Johny Smith, gaan skei.

Smith sal glo tot 31 Maart steeds in dié pos dien, nadat hy ’n vyfjaarkontrak van die hand gewys het.

“Ons is dankbaar teenoor mnr. Smith vir sy toewyding tot TransNamib se transformasie oor die afgelope vyf jaar. Gedurende sy termyn – en 'n uitdagende tyd vir alle organisasies in Namibië en die wêreld – kon hy baie hoogtepunte bereik,” het die voorsitter van TransNamib se raad, Theo Mberirua, gesê.

Hy het gesê TransNamib het onder Smith se leierskap geskiedkundige inkomstegroei in die 2019-’20-finansiële boekjaar beleef. Vraginkomste het met 10,5% gestyg en TransNamib se inkomste uit eiendom het meer as verdubbel, volgens Mberirua.

“TransNamib se geskiedkundige bestuurskwessies en finansiële beperkings het vir mnr. Smith ’n reusetaak besorg," het hy verder gesê.

Smith het gesê: “Dit was nie ’n maklike besluit nie, maar ek vertrou dat TransNamib nou gereed is om 'n meer volhoubare organisasie te wees. Die personeel word deur 'n toegewyde raad en bekwame senior bestuur gelei.”

Kommentaar

Republikein 2025-12-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer