Rusland ’n ‘voorbeeld vir tegnologiese soewereiniteit’
‘Kan op Russiese ervaring steun’
Dr. Audrin Mathe het onlangs tydens 'n paneelbespreking gesê Namibië stel daarin belang om tegnologies soewerein te word.
Namibië kan, volgens die uitvoerende direkteur van inligting en kommunikasietegnologie, dr. Audrin Mathe, “op die Russiese ervaring steun” om “tegnologies soewerein” te word.
Mathe het dié opmerkings gemaak tydens ’n paneelbespreking wat deur die Russiese staatsnuusagentskap, Sputnik, voor Afrikadag aangebied is, waar toekomstige samewerking tussen Rusland en Afrika rakende tegnologie bespreek is.
Mathe het by die geleentheid gesê dat Namibië daarin belangstel om tegnologies soewerein te word. Dit beteken Namibië sal die vermoë hê om sy eie digitale infrastruktuur en die ontwikkeling van digitale beleide te beheer.
Volgens Mathe is verskeie Afrikalande se regerings bekommerd oor die hantering van burgers se persoonlike inligting, met bergingsgeriewe wat buite hul lande geleë is.
“Wat ons nodig het, is om datasentrums in Afrikalande op te rig,” het Mathe tydens die bespreking gesê.
Hy het ook klem daarop gelê dat kubersekuriteit as een van die aspekte van onafhanklikheid gesien moet word.
“Die vermoë om ons nasionale databates binne ons grense te bestuur en te beskerm, is noodsaaklik vir Namibië se digitale toekoms,” het Mathe gesê.
Dit volg nadat die minister van inligting en kommunikasietegnologie, Emma Theofelus, saam met Mathe op 22 Mei die sekretaris van die kabinet, Emilia Ndinelao Mkusa, versoek het om die oprigting van die regering se datasentrum te bespoedig.
DATABESKERMING
Namibië werk sedert 2013 aan ’n konsepwet oor databeskerming.
Dié wetgewing is egter ná 12 jaar steeds nie van krag nie en het sedertdien kritiek ontlok.
Frederico Links het op die Vereniging vir Progressiewe Kommunikasie se webblad geskryf: “Ten spyte van die raamwerk en instrumente wat glo die opstel van die jongste weergawe van die wetsontwerp op aanlyn privaatheid en databeskerming van Oktober 2022 beïnvloed het, blyk die wetsontwerp aansienlik te kort te skiet aan die standaarde vir menseregte wat uit hierdie raamwerke en instrumente voortspruit.”
Links merk ook op dat menseregte nie in die “hoëvlakstellings”, soos die visie en missie, in ag geneem word nie.
Namibië is een van 15 lande wat die Afrika-Unie-konvensie oor kubersekuriteit en die beskerming van persoonlike data (ook bekend as die Malabo-konvensie) onderteken het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie