N$50 miljoen om Aus te ontwikkel

Meer geld vir behuising bewillig
Altesaam N$2,59 miljard word aan die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling toegeken.
Augetto Graig
Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling sal in die 2024-’25-boekjaar N$91 miljoen aan Lüderitz en N$50 miljoen aan Aus bewillig vir die ontwikkeling van infrastruktuur wat nodig is vir die reuse-groenwaterstofinisiatief wat vir die verre suide beplan word.

Minister Erastus Uutoni het in sy onlangse voorlegging oor sy ministerie se begroting voor die parlement gesê ’n totaal van N$1,2 miljard word vir die nuwe boekjaar vir ontwikkeling landswyd begroot, waarvan N$1,07 miljard spesifiek geoormerk is om stedelike en landelike beplanning, infrastruktuur en behuising te ondersteun.

Prestasies tussen 1 April tot 31 Desember 2023 wat Uutoni uitgelig het, sluit die proklamasie van 26 nuwe informele nedersettings in. Verder is 3 103 erwe ten volle gediens in dié tydperk en 4 791 erwe gedeeltelik.

Die minister sê die nuwe behuisingsbeleid en implementeringsplan, wat in November verlede jaar deur die kabinet goedgekeur is, word nou in werking gestel. Dit benodig groter staatsfinansiering vir behuising.

Gevolglik word N$360 miljoen vir die diens van stedelike erwe landswyd begroot. Altesaam N$193,6 miljoen word ook beskikbaar gestel vir die opgradering van informele nedersettings.

Altesaam N$221,8 miljoen word verdeel tussen die regering se massabehuisingsprogram, die Build Together-program, en die Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN).

Die ministerie stel ook N$250 miljoen beskikbaar om plaaslike owerhede te help om hul skuld aan NamWater te delg wat hulle tydens die pandemie aangegaan het.

’n Bykomende N$56 miljoen word uit die program vir streekrade, plaaslike owerhede en tradisionele owerhede vir waterskuld begroot.

Altesaam N$120 miljoen word vir landelike ontwikkeling begroot, met N$31 miljoen wat vir sanitasie geoormerk is.

In die loop van die vorige boekjaar kon streekrade volgens die minister 600 toilette bou.

Verlede jaar is daar ook 134 inkomstegenererende projekte gefinansier, terwyl N$8,8 miljoen vir die nuwe boekjaar daarvoor begroot word, sê hy.

Landelike ontwikkelingsentrums wat gemeenskapsuitreikdienste bied, ontvang N$95 miljoen, terwyl N$35,5 miljoen geoormerk is om sentrums by Rupara in Kavango-Wes, Masokotwane in die Zambezistreek, Eembachu in Ohangwena, Ongongo in Omusati, Snyfontein in die ||Kharasstreek, Gibeon in Hardap, Ben Hur in Omaheke en Okashana in die Oshikotostreek te bou.

Byna N$113,3 miljoen word bewillig om die kernfunksies by die ministerie, streekrade en plaaslike owerhede te monitor.

Verder kry streekrade, plaaslike owerhede en tradisionele owerhede ’n begroting van N$1,26 miljard vir die nuwe boekjaar, met N$904 miljoen wat vir toelaes geoormerk is.

Die ministerie beplan ook om die wet op plaaslike owerhede en die wet op die raad van tradisionele owerhede te hersien, ten gunste van streekrade, plaaslike owerhede en tradisionele owerhede.

Die witskrif vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling word omskep in ’n nasionale streek- en plaaslike ekonomiese ontwikkelingsbeleid.

Tien openbare markte in Bukalo, Eenhana, Keetmanshoop, Okakarara, Omaruru, Omuthiya, Opuwo, Oshivelo en op Outjo word opgegradeer of gebou.

Die ministerie se totale begroting van N$2,59 miljard vir die boekjaar is meer as die N$1,88 miljard wat vir die vorige boekjaar begroot is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.93 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.67 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.18 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.68 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 288.80/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0123 | Zinc US$ 2 921.60/T UP 1.64% | Brent Crude Oil US$ 84.29/BBP DOWN -0.0276 | Platinum US$ 947.21/OZ UP +1.33% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.93 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.67 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.18 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.68 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 288.80/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0123 | Zinc US$ 2 921.60/T UP 1.64% | Brent Crude Oil US$ 84.29/BBP DOWN -0.0276 | Platinum US$ 947.21/OZ UP +1.33%