Moenie Ndama-skoolsage verpolitiseer, maan Steenkamp
Waarsku teen korttermyn- politieke belange, waninligting
Die ministerie van onderwys sê ten spyte daarvan dat ouers herhaaldelik aangespoor word om hul kinders by die geregistreerde Ndama Suid-skool in te skryf, bly talle die opdrag verontagsaam, ten spyte van die vervalle toestand van die gemeenskapsbestuurde Ndama Oos-skool.
Die minister van onderwys, vernuwing, jeug, sport, kuns en kultuur, Sanet Steenkamp, het die regering se reaksie op die Ndama-Oos-gemeenskapskoolkwessie verdedig en gesê die saak is verkeerd voorgestel en uit konteks geneem in onlangse openbare debatte.
Steenkamp het Donderdag in die parlement gesê die ministerie was ten volle bewus van die situasie lank voordat dit op sosiale media versprei is.
Sy het gesê ’n nuwe staatskool, Ndama-Suid, is in 2023 spesifiek gebou om leerlinge te akkommodeer wat voorheen vyf ongeregistreerde skole in die nedersetting bygewoon het. Vier van hierdie skole het gesluit, maar een – Ndama-Oos – het geweier om te voldoen en bly onwettig oop, het sy opgemerk.
Die regering se Ndama-Suid-geriewe, wat 900 meter van die ongeregistreerde skool geleë is, bestaan uit 14 klaskamers en twee ablusiegeriewe.
Dit was deel van ’n landswye noodprogram wat meer as 1 000 klaskamers in minder as twee jaar gelewer het om oorvol klaskamers te verminder, het die minister gesê.
In Kavango-Oos alleen is 87 klaskamers en 13 ablusiegeriewe voltooi. Ten spyte van dié ingrypings het ouers by Ndama-Oos plasings vir hul kinders by Ndama-Suid geweier en aangedring op ’n skool op ’n terrein wat nooit wettiglik vir onderwysontwikkeling toegeken is nie.
“Ons het die ouers deurgaans betrek, maar hulle verontagsaam steeds die opdrag,” het Steenkamp gesê.
WERKLOSE ONDERWYSERS
Sy het verder daarop gewys dat sommige werklose onderwysers die situasie gebruik om waarborge vir werk te bewerkstellig, terwyl ander probeer het om die saak te verpolitiseer.
Steenkamp het gesê dit ondermyn die kernkwessie: Om te verseker dat elke kind toegang het tot behoorlike skoolonderrig in ’n veilige en wettige omgewing.
Volgens die ministerie het die Rundu-dorpsraad die Ndama-Suid-perseel formeel toegeken, wat ook toegang tot skoon water het, terwyl die Ndama-Oos-perseel nie basiese infrastruktuur het nie en steeds onwettig beset word.
Konsultasies wat in 2023 met gemeenskapsleiers en onderwysowerhede gehou is, het die regering se standpunt bevestig, met breë steun vir die nuwe skool.
Steenkamp het beklemtoon die ministerie sal voortgaan om wetlike maatreëls na te streef om ongeregistreerde skole te sluit terwyl ouers aangemoedig word om hul kinders by staatskole in te skryf.
Sy het gesê onderwys moet ’n verenigende mag bly, sonder enige waninligting en korttermyn- politieke belange en gemaan dat geen onwettige praktyke toegelaat sal word om die toekoms van Namibiese kinders in gevaar te stel nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie