Ministerie bestee jaarliks byna halfmiljoen aan huur in Rundu
Bou van visseryekantoor reeds in 2012 begin
Die halfgeboude strukture by Rundu, wat bedoel was om 'n permanente basis vir personeel te bied, het in ses jaar geen vordering getoon nie.
Die ministerie van landbou, visserye, water en grondhervorming betaal jaarliks byna N$470 000 om kantoorruimte op Rundu te huur.
Dit terwyl die perseel van die lank uitgestelde kantoorkompleks van die ministerie van visserye – ’n projek van N$16 miljoen wat in 2012 van stapel gestuur is – verlate en oorgroei staan.
Die huurkontrak, wat aan Rosa Welding and Construction CC toegeken is, kos die ministerie N$39 100 per maand en duur tot Oktober 2026. Hierdie reëling is getref nadat die ministerie se huurkontrak met die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) in November 2022 verstryk het.
Intussen het die halfgeboude strukture by Rundu, wat bedoel was om ’n permanente basis vir visseryepersoneel te bied, in ses jaar geen vordering getoon nie. Die perseel is nou bedek met lang gras, struike en bome.
NUWE BELOFTE, OU PROJEK
In ’n skriftelike antwoord verlede week het die ministerie gesê konsultante het ’n strukturele herevaluering voltooi en is besig om projekdokumentasie te finaliseer, wat teen Oktober 2025 verwag word.
Sodra die ministerie van werke en vervoer die dokumentasie hersien het, sal ’n nuwe kontrakteur deur middel van ’n openbare tender aangestel word.
“Die kontrak met Africa Civil Engineering is beëindig. Sodra die projekdokumentasie goedgekeur is, sal die ministerie die tender in die openbaar adverteer, en indien Africa Civil Engineering belangstel, kan hulle ’n bod indien,” het die ministerie gesê.
Vir die komende boekjaar is N$4,9 miljoen aan die projek toegeken, hoewel die ministerie erken het dat verdere fondse benodig sal word sodra opgedateerde kostes vasgestel is.
REDES VIR VERTRAGINGS
Die ministerie het die dekade lange vertraging toegeskryf aan kontraktuele geskille, verkrygingsvertragings en veranderinge in die omvang van die projek.
Hulpbronne moes herlei word om ’n beskadigde grensmuur te herstel en om skanskorwe (gabions) te installeer om stormwaterkanale te stabiliseer, volgens die ministerie. Sekuriteitswagte is glo ook aangestel om die eiendom teen vandalisme te beskerm.
Tog het die langdurige vertraging vrae oor aanspreeklikheid en beplanning laat ontstaan, veral in die lig van die voortdurende huurkoste.
GESKIEDENIS VAN GESKILLE
Vorige berigte deur Network Media Hub (NMH) het getoon dat Africa Civil Engineering, die tweede kontrakteur op die perseel nadat Executive City Construction in 2012 verwyder is, die perseel in 2017 verlaat het ná meningsverskille oor tariewe en trae betalings van die regering.
Die uitvoerende hoof van Africa Civil Engineering, Petrus Kapula, het voorheen gesê die maatskappy is gereed om terug te keer, maar het aangevoer dat die 2015-tariewe nie meer lewensvatbaar is nie.
Die maatskappy het beweer dat etlike maande van wanbetaling hulle van die perseel gedwing het en gewaarsku dat die blootstelling aan weerskade koste selfs hoër as wat aanvanklik begroot is, sou dryf.
Van 2015 tot 2017 het die maatskappy sowat N$5,8 miljoen vir voltooide werk ontvang, terwyl ’n verdere N$643 000 deur die ministerie van werke teruggehou is en betaalbaar moes wees met die voltooiing van die projek – wat nooit gekom het nie.
PAD VORENTOE
Meer as ’n dekade nadat die werk begin het, hang die lot van die Rundu-visseryekompleks steeds af van nuwe dokumentasie en hersiene kosteberekeninge.
Vir nou betaal die ministerie steeds ’n jaarlikse huurrekening van byna ’n halfmiljoen dollar, terwyl die belofte van ’n permanente kantoor vir sy personeel steeds net lugkastele bly.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie