Nuwe wetgewing sal die owerhede byna onbeperkte toegang tot jou internetkommunikasie gee, waarsku die EPRA. Foto argief
Nuwe wetgewing sal die owerhede byna onbeperkte toegang tot jou internetkommunikasie gee, waarsku die EPRA. Foto argief

Loerbroer-staat dreig

Kommunikasieminister se magte sal uitbrei
Ontleders waarsku oor gevaarlike nuwe wetgewing.
Augetto Graig
Die Namibiese Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing (EPRA) waarsku teen die regering se vermoë om die publiek se digitale kommunikasie te monitor en die moontlikheid dat Namibië ’n “toesigstaat” kan word.

In ’n onlangse ontleding van die toepaslike wette en wetsontwerpe lig die EPRA hierdie gevaar uit en sê dit sou teen Artikel 13 van die Grondwet wees, wat privaatheid van korrespondensie en kommunikasie waarborg.

Deel 6 van die Wet op Kommunikasie no. 6 van 2009, wat vanaf 1 Januarie vanjaar van krag is, wek kommer by die ontleders.

Dié gedeelte van die wet vereis dat verskaffers van kommunikasiedienste vir jare rekord moet hou van kommunikasiebesonderhede, gebruikers SIM-kaarte moet registreer en laat ook die regering toe om private date en kommunikasie te onderskep.

Wat nog groter kommer wek, sê hulle, is die onlangse wetsontwerp op die beskerming van data, wat glo ondoeltreffend is en ernstige tekortkominge bevat.

In die wetsontwerp wat in 2021 voorgestel is, is deel 3 van die 2020-weergawe verwyder, wat verband hou met die regte van die gebruiker by wie die data ontstaan.

Deel 7 en 8, wat verband hou om howe in die geval van ’n oortreding te nader, is ook verwyder, en minder gesag is aan die voorgestelde Owerheid vir Databeskerming toegeken.

Dit volgens ’n ontleding wat in November 2022 deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) uitgevoer is en wat in die EPRA se verslag aangehaal is.

Ook die voorgestelde wetsontwerp op kubermisdaad is moontlik ongrondwetlik, sê die EPRA, en gee die minister van inligting en kommunikasietegnologie die reg om ’n bestuurskomitee, van minstens twee mense, volle toegang te gee tot jou persoonlike data en kommunikasie.

In terme van die wetsontwerp het die minister die mag om selfs data wat andersins privaat en vertroulik sou wees, toeganklik te maak.

“Die Wetsontwerp op Kubermisdaad neem wel ’n paar wettige kwessies van kommer onder die loep, soos kubermisdaad en kinderpornografie, maar die magte wat in die proses aan die regering toegeken word om toegang tot private inligting te verkry, is grootliks onbeperk en ongesiens.

“As die regering hierdie mag gebruik om private data en kommunikasie te bekom, is daar geen toevlug nie. ’n Hof kan nie genader word om die regering te verbied om toegang tot data te verkry nie aangesien die proses tot in die stadium in geheimhouding gehul was – sonder dat die geaffekteerde persoon daarvan bewus was,” luidens die EPRA se ontleding.

“Dit is naïef om te aanvaar dat die staat nie hierdie magte sal misbruik nie,” skryf die EPRA en ook: “Ons dring daarop aan dat beleidmakers die wetsontwerp op kubermisdaad moet heroorweeg en die kwessies wat hierin getakel word, in ag neem.”

Die EPRA se ontleding en waarskuwing kom weke voor president Hage Geingob verlede week by die Brics-beraad in Suid-Afrika gesê het: “Namibië ondersteun China se Globale Sekuriteitsinisiatief (GSI). China is ’n wêreldleier in die monitering van sy bevolking, en bestuur sy burgers deur ’n maatskaplike kredietstelsel toe te pas, waardeur onaanvaarbare gedrag gestraf word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 22° | 36° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 23° | 33° Gobabis: 24° | 34° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 21° | 36° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 15° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 24° | 41° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 19° | 38° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 23° | 36° Maputo: 24° | 41° Windhoek: 23° | 33° Cape Town: 16° | 21° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 23° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 23° | 38° Harare: 21° | 36° #REF! #REF!