Litium bring onmin na Uis
Xinfeng stopgesit, polisieondersoek duur voort
Daure Daman-lede eis streng optrede teen onwettige mynbou en amptenare wat dit toelaat.
Die gemeenskap van Uis en die Daure Daman Tradisionele Owerheid dring aan koppe moet rol oor beweerde ontwettige mynbou, die vernietiging van die omgewing en die beweerde ontheiliging van historiese grafte binne die Tsiseb-bewaringsgebied. Die skuld word geplaas voor die deur van die Chinese Xinfeng-mynmaatskappy wat litium in die omgewing ontgin. Die aantygings is vervat in 'n openbare brief deur die besorgde gemeenskap onder voorsitterskap van Jimmy Areseb en onderteken deur Elieser /Huseb, Lydia Skrywer en Fransica Tanises. Dit beskryf 'n algemene verlies aan vertroue in die ministeries van myne en energie, die omgewing, bosbou en toerisme, asook die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling. Die brief volg nadat klagtes teen Xinfeng glo reeds vanaf 2022 deur die betrokke regeringsowerhede ignoreer word.
KOPPE MOET ROL
Die gemeenskap dring aan op ‘n vergadering Maandag (30 Desember) met Xinfeng se topbestuur onder leiding van sy direkteur Xie Yiming. Hulle vra ook dat hoofman Zacharias Seibeb, saam met raadslede van die tradisionele owerheid wat hy glo onwettig aangestel het, afgedank word. Seibeb moet ook deur Isaskar Taurob vervang word.
“Julle, die bestuur, het ons gewys hoe min julle ons menseregte, ons waardigheid en ons so soewereiniteit in ag neem. Julle doen dit deur ons mynbou en omgewingswetgewing, ons voorvaderlike grafte en ons burgers, te minag,” lui die brief. Die gemeenskap voer aan die Chinese onderneming behandel Namibiese burgers "soos honde" en steel onwettig plaaslike hulpbronne. “Ons waarsku julle dat enige verdere onwettige mynbou slegs oor ons dooie liggame sal geskied,” maan die brief.
MYNBOUERS GETEIKEN
Die gemeenskap dring aan dat die regering alle mynbou- en eksplorasielisensies en permitte vir ‘n lys ondernemings tans bedrywig in die Uis-omgewing opskort. Dit sluit in Xinfeng se EPL 8843, Long Fire Investment se kleims 73409 tot 73418, Ringmen Investment se nege kleims 74090 tot 74098, Orange River Exploration and Mining se EPL 8397-aansoek, Mount Brandberg Mining EPL 7248, Townland Investment se kleims 70515 en 70516, tesame met 7119, 74120, 74121, 74165 en 74168, asook Hopson Lithium Mining se EPL 9000-aansoek opskort waar eksplorasie glo voortduur ten spyte van die aansoek wat nog nie goedgekeur is nie.
Dringende optrede word ook gevra teen Xinfeng se bestuur, vergoeding aan families van grafte wat vernietig is, die bewaring van die oorblywende grafte, asook vergoeding vir litiumerts wat uitgevoer is. Die gemeenskap dring voorts daarop aan dat daar beslag gelê word op toerusting en die nuwe multimiljoendollar litiumverwerkingsaanleg wat Xinfeng verlede jaar hier gebou het.
ONWETTIGE MYBOU
Die mynbouministerie het op 18 Desember aangekondig alle mynboubedrywighede deur Xinfeng Investments is gestaak. Dit volg na 'n besoek aan die myne op 16 November deur mynboukommissaris Isabella Kandjii-Chirchir.
“Die span het ontdek en bevestig dat mynboubedrywighede hier plaasgevind het waar slegs eksplorasie toegelaat is. Die ministerie het in reaksie hierop opdrag gegee dat alle mynboubedrywighede op EPL 8397 moet stop,” aldus die ministerie se verklaring.
Xinfeng se topbestuur het in vergaderings met die ministerie op 4 en 5 Desember erken dit is skuldig aan onwettige mynbou in die eksplorasiegebied. Die ministerie het intussen ‘n klag van onwettige mynbou by die Namibiese polisie gelê en die ondersoek duur volgens die kantoor van mynbou se uitvoerende direkteur voort. Die gemeenskap sê egter die uitkoms van vorige ondersoeke in 2023 is egter nooit bekendgemaak nie en het tot niks gelei nie.

Kommentaar
Stephanus Gerber
Xingfen (en andere) doen tog net soos hulle lushet. Die regering reik net verklarings uit en doen NIKS verder nie terwyl Namibia rot en kaal besteel word. Die wat dit behoort te beheer (lyk my) is te lief vir hulle lugbeheerde kantore en rekenaars (vir speletjies?) om daadwerklik op te tree. Met die nuwe regering wat kom gaan dit net nog makliker word, dit verseker ek julle! Die redes is voor die hand liggend.