Itah Kandji Murangi
Itah Kandji Murangi

Kandjii-Murangi verskoon, Van Kent geroskam

'Ernstige waarskuwing'
Verslae van die reise waarvoor die ministerie van hoër onderwys meer as N$900 000 geleen het, is nêrens te vinde.
Iréne-Mari van der Walt
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het dr. Alfred van Kent, uitvoerende direkteur van hoër onderwys, tegnologie en innovering 'ernstig' gewaarsku oor die 'moontlik korrupte gewoonte' om fondse ten bedrae van N$930 000 te vra van openbare ondernemings wat onder die ministerie val om die minister van hoër onderwys, dr. Itah Kandjii-Murangi se reise na die buiteland te finansier.

Kandjii-Murangi is beveel om N$46 000 teen April vanjaar aan die ministerie terug te betaal, glo as ’n gevolg van koste van verskillende reise wat opgehoop het. Haar persoonlike assistent Lungenesia Uaseupani skuld glo ook N$23 000 wat ook teen dieselfde sperdatum terugbetaal moet word.

In 'n bestek van drie maande van Mei tot Julie 2022 het Van Kent aan drie staatsondernemings geskryf en hul gevra vir geld om die minister se buitelandse reise ten bedrae van meer as N$930 000 te finansier. Van Kent het glo N$338 546 van die Namibiese Opleidingsowerheid (NTA) gevra om Kandjii-Murangi se reis na Engeland te betaal om 'n onderwysforum in Mei 2022 by te woon.

Van Kent het die volgende maand na NTA teruggekeer met nog 'n versoek vir N$140 769 as reistoelaag vir Kandjii-Murangi om 'n geleentheid vir onderwysministers in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingstreek (SAOG) in Lilongwe, Malawi, by te woon.

Van Kent het in Julie die Universiteit van Wetenskap, Kuns en Tegnologie (Nust) versoek om die minister se reis na Busan, Suid-Korea, te finansier vir nog 'n konferensie. Nust het N$140 634 vir die minister betaal.

Later dieselfde maand het Van Kent N$310 401 van die Universiteit van Namibië (Unam) gevra as reistoelaag vir die minister se reis na Kuba en Jamaika. Rekords toon al die geld is uiteindelik aan die drie staatsondernemings terugbetaal.

Van Kent het tydens ondervraging deur ACC gesê die versoeke is aan die semi-staatsinstellings gerig omdat die ministerie se eie reisbegroting uitgeput is. Hy het aan ondersoekers gesê president Hage Geingob het goedkeuring aan die minister verleen om die reise te onderneem. ACC het die verduideliking bevraagteken en gesê die minister hoef nie te reis as daar nie finansiële middele is om dit te doen nie.

“Dit moet duidelik deur rekenpligtige beamptes verstaan word dat goedkeuring deur die president aan 'n minister om 'n amptelike reis te onderneem, nie 'n blanko tjek is dat die minister ten alle koste moet reis nie. Die goedkeuring is onderhewig aan die beskikbaarheid van fondse in die ministerie se begroting,” het die ACC in 'n verslag gesê.

Paulus Noa, direkteur-generaal van die ACC, het toe sy toorn na Unam, Nust en NTA verskuif. “Openbare ondernemings word ten sterkste gewaarsku om nie toe te laat dat hulle deur uitvoerende direkteure en politieke hoofde in kontantkoeie verander word vir verblyf- en reistoelaes nie,” het hy opgemerk.

Ipumbu Shiimi, minister van finansies en openbare ondernemings, het verlede jaar aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê die wet vir die bestuur van op openbare ondernemings maak geen voorsiening daarvoor dat sulke instellings reistoelaes vir hul lynministers betaal nie, selfs al verbind laasgenoemde daartoe om die geld terug te betaal.

In kommentaar op die kwessie verlede jaar, het aktivis Job Amupanda, wat Kandjii-Murangi van korrupsie beskuldig het, opgemerk: "As Shiimi sê die wet op openbare ondernemings laat nie hierdie reëlings toe nie, op watter wet het Kandjii-Murangi staatgemaak om hierdie instellings te kry om vir haar reise te betaal?”

Oor Van Kent se optrede het Noa gesê die uitvoerende direkteur “word ernstig gewaarsku teen die moontlike korrupte gewoonte om die ministerie tot finansiële skuld te verbind deur versoeke vir reisbetalings van openbare ondernemings, veral wanneer konferensies en vergaderings wat bygewoon moet word geen invloed op sulke openbare instellings het nie”.

"Die praktyk is nie net eties verkeerd nie, maar skep ook vrugbare grond vir korrupsie," het die ACC-baas bygevoeg.

ACC het gesê nie Kandjii-Murangi, nóg Van Kent het die toepaslikheid van die reise wat onderneem is verduidelik nie, en ook nie verslae verskaf wat die aard en uitkomste van die vergaderings uiteensit nie.

Noa het aanbeveel dat die goedkeuringsbriewe van die presidensie vir ministers om te reis duidelik moet aandui dat sulke reise onderhewig is aan beskikbaarheid van fondse in die ministerie se reisbegroting.

Van Kent het geen antwoord gebied op navrae vir kommentaar nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 14° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 14° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 14° | 24° Ariamsvlei: 16° | 33° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 15° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 12° | 23° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 17° Durban: 18° | 30° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 16° | 29° Harare: 13° | 29° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 14° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 14° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 14° | 24° Ariamsvlei: 16° | 33° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 15° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 12° | 23° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 17° Durban: 18° | 30° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 16° | 29° Harare: 13° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%