Ingenieurs se registrasies dalk in gedrang
Onmin duur voort
Terwyl die wrywing tussen die voormalige president en die registrateur van die Namibiese Raad vir Ingenieurswese voortduur, blyk dit dat ingenieurs moontlik geraak kan word.
Indien die gesag van die Namibiese Raad vir Ingenieurswese (ECN), wat onlangs deur die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, ontbind is, nie erken word nie, sal die registrasie van ingenieurs gedurende hul termyn die afgelope vier jaar nie geldig wees nie, meen die raad se voormalige president, Sophie Tekie.
Ingenieurs kan ook volgens haar nie geregistreer word tot ’n nuwe raad gemagtig word nie, omdat ’n registrasiekomitee bestaande uit lede van die raad oor elke individuele aansoek om registrasie moet besluit.
Tekie en die ECN se registrateur, Charles Mukwaso, is tans in ’n twis gewikkel.
Mukwaso het Tekie gister tydens ’n mediakonferensie in die hoofstad daarvan beskuldig dat sy ’n vendetta teen hom het omdat hy na bewering “rassistiese praktyke” tydens haar vorige ampstermyn by die ECN onthul het. Mukwaso het verduidelik dat hy as registrateur nie besluite geneem het oor kandidate wat geregistreer moes word nie.
“Ek is bloot die administrateur daarvan. Ek stuur net vir hulle die brief,” het hy gesê.
Dit volg nadat die ministerie se woordvoerder, Julius Ngweda, aan Network Media Hub gesê het dat die ministerie die raad ontbind het weens onbillikheid in sommige van sy prosesse, veral met betrekking tot registrasieprosesse.
“Indien daar tekortkominge in die registrasieproses was, in watter mate was dit weens die optrede of versuim van die registrateur, eerder as die raad as ’n liggaam?” het Tekie in ’n verklaring gesê.
Sy beweer die ECN het misluk in sy dissiplinêre stappe teen Mukwaso omdat raadslede nie in die Staatskoerant gepubliseer is nie en dus nie gemagtig was om daardie stappe te doen nie.
Juis op grond hiervan glo Tekie dat alle besluite wat deur die raad geneem is, insluitend besluite rakende die registrasie van ingenieurs, nie geldig sal wees nie.
Oudlanddros Rhivermo Williams, wat Mukwaso vrygespreek het van die aanklagte teen hom, het egter nie in haar finale uitspraak gesê dat sy in Mukwaso se guns beslis het weens die feit dat die raad nie in die Staatskoerant gepubliseer is nie.
Williams het egter in haar uitspraak gesê dat die raad nie die mag het om enige besluite te neem nie soos in daardie geval om dissiplinêre stappe teen Mukwaso te doen nie.
Tekie beskuldig Mukwaso daarvan dat hy homself as ’n ingenieur geregistreer het, maar Mukwaso glo dat die brief vervals is en hy het ’n saak van vervalsing teen Tekie aanhangig gemaak in verband met dié brief.
Mukwaso sê die brief wat Tekie volgens hom vervals het, gebruik nie die amptelike ECN-briefhoof nie, het nie ’n stempel op nie en gebruik nie die korrekte stelsel om sy “registrasienommer” te bepaal nie.
“Ek het hierdie stelsel (vir registrasienommers) by die ECN geïmplementeer – hoekom sou ek nie my eie stelsel gebruik nie?” het Mukwaso tydens die konferensie gevra.
Tekie sê die brief kom nie van haar af nie, maar van ’n databasis waartoe sy nie toegang het nie.
Mukwaso beweer Tekie het hom gevra om ’n Iranse kandidaat te registreer, ten spyte daarvan dat hy nie die evaluering van sy bevoegdheid of sy onderhoud geslaag het nie, glo weens die kandidaat en Tekie se Bahá'í -geloof.
Tekie sê die kandidaat was gekwalifiseerd om as ’n professionele ingenieur geregistreer te word, maar dat die komitee aanbeveel het die kandidaat moet eerder as ’n geïnkorporeerde ingenieur geregistreer word.
In Namibië word ingenieurs in drie klasse erken – die hoogste klas is ’n professionele ingenieur, tweedens ’n geïnkorporeerde ingenieur en laastens ’n leerling-ingenieur.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie