ICU van N$9,8 m. vir Rundu
Ministerie brei infrastruktuur uit
Opknappings is aan die gang by gesondheidsorgfasiliteite oraloor die land.
’n Nuwe intensiewesorgeenheid (ICU) met 12 beddens ter waarde van sowat N$9,8 miljoen word vir die Rundu Intermediêre Hospitaal in die Kavango-Oosstreek beplan.
Dit is een van talle projekte landswyd wat die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste onderneem om dienslewering te verbeter, verwysings na staatsfasiliteite en die private sektor te verminder, asook om bykomende dienste te verskaf.
Die gesondheidsminister, Kalumbi Shangula, het gesê voor die Covid-19-pandemie was daar minder as 40 ICU-beddens beskikbaar in openbare gesondheidsfasiliteite oraloor die land, verdeel tussen Windhoek Sentrale Hospitaal, Katutura Intermediêre Hospitaal, Oshakati Intermediêre Hospitaal en Onandjokwe Intermediêre Hospitaal.
“Om hierdie situasie reg te stel, het die ministerie begin met die vestiging van ICU’s by verskeie hospitale landswyd en vir Rundu Intermediêre Hospitaal het konstruksie op 7 Februarie vir ’n fasiliteit met 12 beddens begin.”
Die projek sal na verwagting teen 7 Oktober voltooi wees en sal ’n dialise-eenheid insluit, het hy gesê.
Hy het beklemtoon dat die regering daartoe verbind is om hulpbronne te verskaf “om die goeie gesondheidstatus van sy burgers te bevorder en te handhaaf.”
Shangula het op 2 April die ministerie se begroting van N$10,8 miljard ter tafel gelê en gesê ’n bedrag van N$217 miljoen is aan die Kavango-Oosstreek toegeken.
SUURSTOFVOORSIENNING
“Met die moeilike les wat Covid-19 ons geleer het nog in ons agterkop, het die ministerie begin met die opgradering van die suurstofnetwerk en installering van suurstofgenererende stelsels,” het Shangula gesê.
Dié stelsels is by die Andara-distrikshospitaal geïnstalleer, insluitend ’n bystand elektriese kragopwekker asook by die Rundu Intermediêre Hospitaal. Die Wêreldfonds om vigs, TB en malaria te beveg en die Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming (CDC) het die verkryging van die suurstofgenererende stelsels ondersteun.
“’n Nuwe suurstofgenererende stelsel word by die Nyangana-distrikshospitaal geïnstalleer deur die regering se finansiële hulpbronne,” het hy gesê.
LEEMTES
Daarbenewens het die ministerie die konstruksie van die Shamaturu-kliniek in Augustus 2023 teen ’n koste van N$10 miljoen voltooi.
“Die ministerie het ook kennis geneem van die gebrek aan toepaslike fasiliteite vir psigiatriese dienste. ’n Uitvoerbaarheidstudie in hierdie verband is aangevra om te help met die ontwerp en konstruksie van psigiatriese eenhede in alle hospitale,” het Shangula gesê.
Hy sê die ministerie gaan voort om die gesondheidsinfrastruktuur in stand te hou.
“Die verbrandingsoond by die Rundu Intermediêre Hospitaal funksioneer nie optimaal nie en ’n kontrakteur is aangestel om die verbrandingsoond op te gradeer,” het hy bygevoeg.
Verder werk die ministerie aan ’n langtermynoplossing vir die verkryging van ’n nuwe verbrandingsoond sowel as ’n nuwe ligging vir die verbrandingsoond.
“Verandering en geringe opknapping word in hierdie boekjaar by die volgende klinieke – Barramasoni-, Sauyema-, Kaisosi-, Ndama- en Nkarapamwe – in die vooruitsig gestel,” het Shangula bygevoeg.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie