Hoër toelaes in Julie
Augetto Graig - Die verhoogde toelaes vir pensioenarisse, kinders asook mense en kinders met gestremdhede word in Julie uitbetaal. Die direkteur vir maatskaplike toelaes in die ministerie van geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, Albert Biwa, het bevestig die uitbetaling van die verhogings sal ook die vorige drie maande se verhogings terugwerkend tot 1 April insluit. Volgens Biwa word die verhoogde betalings dan eers gedoen, omdat die ministerie se begroting eers onlangs goedgekeur is.
Ontvangers van maatskaplike en gestremdheidstoelaes sal aanstaande maand ’n eenmalige bedrag van N$1 700 ontvang, terwyl dit vanaf Augustus N$1 400 per maand sal wees. Vir kindertoelaes is dit ’n eenmalige bedrag van N$650, terwyl die verhoogde toelaag van N$350 vanaf Augustus uitbetaal sal word. Die toelaag vir kinders met gestremdhede het vanaf N$250 tot N$1 400 per maand verhoog, met ’n eenmalige bedrag van N$4 850 wat in Julie uitbetaal word. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie