Amnestie vir buitelandse burgers wéér verleng
27 Februarie is nuwe sperdatum
Die verlenging kom te midde van verhoogde openbare aandag oor migrasiebestuur en hernude klem op ordelike en wettige migrasieprosesse.
Die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het die amnestie vir buitelandse burgers sonder wettige status in Namibië tot 27 Februarie 2026 verleng, wat geraakte individue nóg ekstra tyd gee om vrywillig die land te verlaat sonder om arrestasie, aanhouding, vervolging of strawwe in die gesig te staar.
Owerhede het gewaarsku dat geen verdere verlengings toegestaan sal word nie.
Die verlenging volg op vorige openbare kennisgewings wat op 15 Desember 2025 en 17 Januarie 2026 uitgereik is. Dit is van toepassing op buitelandse burgers wat hul immigrasievisums of -permitte oorskry het, of wat in Namibië gewoon of gewerk het sonder die toepaslike dokumentasie ingevolge die wet op immigrasiebeheer van 1993.
In ’n openbare kennisgewing wat Maandag uitgereik is, het die ministerie gesê die amnestie is bedoel as ’n eenmalige geleentheid om nie-nakoming op te los.
"Alle betrokke persone word ernstig versoek om hulself vrywillig by die naaste immigrasiekantoor of by ’n grenspos aan te meld gedurende die amnestietydperk," het die ministerie gesê.
Geraakte individue word vereis om geldige reis- of identifikasiedokumente, soos ’n paspoort of nasionale identiteitskaart, te hê en om "hul volle samewerking aan immigrasiebeamptes te gee . . . vir die fasilitering van hul vertrek uit die land".
Vir diegene sonder geldige reisdokumente, het die ministerie aangeraai dat hulle eers die diplomatieke missie van hul land van oorsprong moet nader om ’n noodreisdokument te bekom en daarna by die naaste immigrasiekantoor aan te meld.
“Alle koste en uitgawes wat verband hou met die reis van persone onder hierdie amnestieprogram moet uitsluitlik deur sulke persone gedra word en nie deur die Namibiese regering nie,” het die ministerie beklemtoon.
Immigrasiebeamptes sal dit egter fasiliteeer dat die individue die land wettig verlaat en die nodige administratiewe dokumentasie uitreik, insluitend ’n vertrekkennisgewing en ’n vyfdae-kennisgewing wat vertrek by die betrokke grenspos moontlik te maak.
Die ministerie het bygevoeg dat waar ’n persoon se vaderland aan Namibië grens en hul reisdokumente verval het, amptenare steeds die geraaktes se vertrek by die grenspos sal fasiliteer. In gevalle waar deurgang deur ’n ander land vereis word, bly die individu verantwoordelik vir die nakoming van die toegangs- of deurgangsvereistes van daardie land.
Die ministerie het verder ’n beroep op Namibiërs, werkgewers, gemeenskapsleiers en die burgerlike samelewing gedoen om die regering se pogings te ondersteun deur ongedokumenteerde buitelandse burgers aan te moedig om van die amnestie gebruik te maak.
“Ons doen ’n beroep op beide Namibiërs wat in kontak is met of enigiets te doen het met die onwettige status van buitelandse burgers in die land, asook buitelandse burgers sonder wettige status, om spoedig en verantwoordelik op te tree en hierdie eenmalige geleentheid te benut,” lui die kennisgewing.
Die ministerie het die publiek ook gewaarsku om slegs op amptelike kommunikasie van aangewese kantore staat te maak om waninligting te vermy.
Die woordvoerder van die ministerie, Margaret Kalo, het gesê navrae kan aan die ministerie se skakelkantoor gerig word vir verdere inliging.
Die verlenging kom te midde van verhoogde openbare aandag oor migrasiebestuur, na aanleiding van onlangse verduidelikings deur die regering oor die terugkeer van Namibiese burgers uit die buiteland en hernude klem op ordelike en wettige migrasieprosesse.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie