10%-aandeel in mynbou te min
Voortgesette uitvoer van rou materiale
Die mynbedryf is een van die grootste bydraers tot Namibië se bruto binnelandse produk (BBP) en moet tot voordeel van alle inwoners wees.
Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, het gevra die regering se skamele 10%-belang in Namibië se mynbou- en energiebedrywighede moet beëindig word en sê dis ’n struikelblok vir betekenisvolle nasionale ontwikkeling.
Sy het verlede week tydens die ministerie van nywerheidsontwikkeling, myne, energie se begrotingsmotivering in die parlement gesê die kwessie van “10%-aandeelhouding in enige mynbedryf moet gestaak word”, aangesien “10% nie vir die ontwikkeling van die land kan werk nie”.
Sy het ook haar frustrasie uitgespreek met die land se voortgesette uitvoer van rou materiale en gewaarsku dat dié model plaaslike ekonomiese groei en werkskepping ondermyn.
‘IN BROOD TE VERANDER’
“Ons moet op alle moontlike maniere probeer om ons rou materiaal, ons gesteentes, in brood te verander. Die mynbedryf is een van die grootste bydraers tot ons BBP. Laat dit regtig tot voordeel van ons mense wees,” het sy gesê.
Shaningwa het ’n beroep op die regering gedoen om staatsbeheerde maatskappye soos Epangelo Mining te bemagtig deur die maatskappy as ’n vlagskip vir die plaaslike verwerking van natuurlike hulpbronne te herposisioneer.
“Laat ons ons eie staatsbeheerde maatskappy Epangelo Mining ophef en toelaat om ten volle deel van hierdie bedryf te wees,” het sy gesê.
Volgens haar sal die plaaslike verwerking van minerale werkskepping ’n hupstoot gee en ekonomiese selfvoorsiening dryf.
BELEIDSRIGTINGS
Die adjunkminister van nywerheidsontwikkeling, myne en energie, Natangwe Ithete, het op sy beurt die voorstel verwelkom en daarop gewys dat die land moontlik sy beleidsrigtings vir mynbou sal moet hersien.
“As ons ons beleidsrigting moet hersien, laat ons dit doen. Ons het die opdrag van die staatshoof ontvang. En die staatshoof praat nie net met ons in hierdie Huis nie, sy het deur ons met die hele nasie gepraat.
“Die hele land is opdrag gegee om die beleid te verander. Kom ons bring voorstelle en lei hierdie verandering saam sodat ons kinders eendag kan glimlag.
“En wanneer moet ons begin? Ons moes reeds begin het, so vroeg soos gister, so kom ons begin nou,” het Ithete gesê.
GROTER DEEL
Politieke ontleders het Shaningwa se standpunt gesteun en gesê ’n groter staatsbelang in die mynbousektor kan Namibië aansienlik bevoordeel.
Volgens die politieke ontleder Ndumba Kamwanyah is “’n aandeel van 10% te klein om die land aansienlik te bevoordeel terwyl ’n 50/50-model beter opbrengste, meer beheer oor hulpbronne en groter impak op ontwikkeling kan verseker”.
“Polities kan hierdie stap openbare steun kry en nasionale trots ’n hupstoot gee, maar dit kan ook sommige beleggers afskrik wat minder regeringsbetrokkenheid verkies.
“Ekonomies, as dit goed bestuur word, kan ’n groter aandelebelang inkomste en werkskepping ’n hupstoot gee, maar daar is ’n risiko as die regering ’n gebrek aan kapasiteit of deursigtigheid het,” het Kamwanyah gewaarsku.
Die politieke ontleder Joshua Mario ondersteun ook die voorstel en sê die huidige model is onvoldoende om die land se langtermyndoelwitte te verwesenlik.
“As ’n land moet ons in staat kan wees om te onderhandel en meer doeltreffend te kan beding, gegewe die voordeel wat ons met ons minerale hulpbronne het.
“Belangstelling van beleggers bly hoog en daar sal altyd die wees met ’n opregte wen-wen-ingesteldheid,” het Mario gesê.
Volgens hom kan Namibië nie beperk bly tot dieselfde beleggers wat onwillig is om die nasie te bemagtig nie.
Hoewel uitdagings mag voortspruit in gebiede soos die ontwikkeling van infrastruktuur en menslike kapitaal, sê hy dit behoort nie noemenswaardige struikelblokke te wees nie.
“Ons het die kapasiteit. Daar is geskoolde Namibiërs wat in die buiteland werk wat teruggeroep kan word om hul land te dien.
“Ek glo sterk aandeelhouding moet vergroot word, aangesien dit langtermynvoordele vir die nasie inhou,” het Mario gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie