Werklose loodgieter maak ’n plan
Kenya Kambowe op Okantonge – Nadat hy in 2018 ’n loodgieterskursus suksesvol aan die Eenhana-beroepsopleidingsentrum voltooi het, het Nikanor Thomas gesukkel om werk te kry.
Hy het sedertdien sy hand aan boerdery gewaag om kos op die tafel te sit.
Nikanor, oorspronklik van Okantonge in die Oshikotostreek, is ’n vasberade jong man wat met bokke en konyne boer, terwyl hy ook ’n kleinerige tuin by sy huis begin het.
Geklee in ’n blou oorpakbaadjie, jeans en bruin velskoene, het Thomas vertel hoe hy met net een bok begin boer het en hoe sy besigheid gegroei het tot waar dit vandag is.
“Ek het in 2018 gegradueer en sedertdien kon ek nie ’n permanente werk kry nie. Ek het net loswerkies gedoen, maar dit is skaars. Die mark het talle loodgieters en werksgeleenthede is beperk,” het hy gesê.
“Dit is hoe ek met bokke begin boer het. Ek het besef om met een soort dier te boer is nie ekonomies nie, toe begin ek navorsing oor konyne doen. Ek het my eerste drie konyne by ’n vrou in Eenhana gekoop en met hulle begin boer.
“Gemeenskapslede het ook as gevolg van my met konyne begin boer,” het hy trots gesê.
Thomas sê hy bestee die meeste van sy vrye tyd om op YouTube oor boerdery te leer. Met die kennis wat hy van die internet kry, bied hy gratis opleiding aan medegemeenskapslede, het hy gesê.
“Ek het ook groepe in verskeie streke gestig. Ons almal streef daarna om ons vee te vermeerder en in ons gesinne se behoeftes te voorsien.”
Wat sy tuin betref, kweek Thomas verskeie vrugte en groente vir eie gebruik en wat hy aan die gemeenskap verkoop.
Hy het verduidelik dat die vraag na konyne gedurende Augustus toeneem; dit is wanneer baie mense trou.
“Gedurende daardie tyd sal jy baie bestellings kry en soms het jy dalk nie konyne nie omdat mense van die vleis hou. Ons is nou baie [boere] wat met konyne teel, nou kan ons in die aanvraag voorsien,” het hy gesê.
“Konynvleis is lekker, as jy dit nog nie geproe het nie moet jy dit probeer. Dit is beter as hoender.”
UITDAGINGS
Thomas sê een van sy grootste uitdagings is finansiering en hy het baie toerusting nodig om sy projek uit te brei.
“Wanneer dit by boerdery kom, het ’n mens geld nodig. Ek verkoop hier en daar ’n paar bokke om geld te kry en gebruik dit om die items te koop wat ek nodig het,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie