Vernice, ons eie oliebol-koningin

Entrepreneur van formaat
Vernice Plaatjies het die noodinkomste-toelaag wat die regering tydens Covid-19 uitbetaal het, gebruik om 'n suksesvolle besigheid mee te begin.
Tanja Bause
“Vernice, as jy begin bak en daardie bakgogga byt jou, is dit verby. Ek het geantwoord dit is net vir ’n geldinsameling en dit is net die een keer wat ek wil bak. Drie jaar later besit ek twee winkels wat my oliebolle verkoop,” het Vernice Plaatjies (29) eienares van Sweet Side Bakery op Walvisbaai en mede-eienaar van Sweet Side of Thingz in Windhoek gesê.

Vernice is in Windhoek gebore en het haar primêre skoolloopbaan daar voltooi. Haar ma, Verna, het Walvisbaai toe getrek en met die begin van haar hoërskoolloopbaan het sy haar ma gevolg en daar skool klaargemaak. Sy was in die skoolkoor vanaf 2007 tot 2012.

“Ek het nie regtig van skool gehou nie en het gegaan omdat ek moes en om my vriende te sien. Ná skool het ek glad nie geweet wat ek wil doen nie en my ma het my Windhoek toe gestuur om ’n kursus in skoonheidskunde te volg.”

Ná sy die kursus voltooi het, het sy terug Walvisbaai toe gegaan en by ’n apteek begin uithelp en later by ’n rekeningkundige firma begin werk.

“Al my vriende het gewerk. Ek het by die huis gesit en dit is hoekom ek die werk aanvaar het. My werkgewer het eendag gesê sy wil haar voertuig verkoop. Ek het die kontrak geteken en die voertuig gekoop met die voorwaarde dat ek dit maandeliks kon afbetaal.

“Ek moes toe werk toe gaan omdat ek die voertuig moes afbetaal, maar dit was glad nie lekker nie. Ek is ’n kreatiewe mens en my werk het niks kreatiwiteit geverg nie.”

Haar ma het in die sosiale media ’n internskap by Hillsong Church in Kaapstad gesien en vir Vernice oortuig om aansoek te doen.

“Ek is aanvaar, maar ek moes die voertuig afbetaal. Ek kon my ma oorreed dat ek die voertuig in die Kaap goed kan aanwend. Sy het die betaling oorgeneem en ek was vir drie jaar in die Kaap by Hillsong. Met my terugkoms het ek by ’n kerk op Walvisbaai begin werk.”

SING

“Ek is gek oor sing; dit is my eerste liefde. Ek en my ma het ’n afspraak by ’n studio gemaak. Dit het N$5 000 gekos om een lied op te neem. Hulle het gesê ek moet vir ’n borg soek. Ek het geweet dit sal nie werk nie. As ek iets net kry, sal ek dit nie so waardeer as wat ek self daarvoor werk nie.”

Sy het huis te gegaan en besluit om ’n geldinsameling te hou en sy het begin bak. Vernice kom uit ’n familie van baksters. Haar ouma het vir elke kerkbasaar en skoolfunksie gebak, asook haar ma en al haar tannies.

“Ek het my beroemde millionaires-koeke, kolwyntjies, brownies en cinnamon buns begin maak. Dit het my ’n week geneem om die N$5 000 in te samel en ek kon die liedjie opneem.

“Ek het besluit ek wil nog een opneem en sop, vetkoek en klein millionaires-koekies vir nagereg gemaak. Weer eens het ek die geld binne ’n week ingesamel en die liedjie opgeneem. Beide kan op YouTube geluister word.”

AMERIKA

Vernice het ’n advertensie vir ’n kerkkonferensie in Amerika gesien wat sy graag wou bywoon. Sy het haar ma daarvan vertel en sy het geen probleem met Vernice se planne gehad nie.

“Ek moes net my eie way betaal, toe verkoop ek my voertuig en was op pad. Dit was ongelooflik en ek het ’n maand daar gebly. Net nadat ek teruggekom het, het Covid ons getref en Walvisbaai is toegesluit. Ons moes by die huis bly en dit het op my senuwee begin werk.”

BAK

Sy het tydens die hoktyd navorsing op die internet begin doen oor wat sy kan bak.

“Daar was baie van dieselfde goed soos kolwyntjies. Ek wou iets anders doen en dit is waar my tyd in Amerika my gehelp het. Ek is daar aan so veel meer blootgestel en ek het begin dink aan oliebolle.”

Sy het ’n paar gemaak en haar ma het van dit werk toe gevat en uitgedeel. Sy het kort video’s van elke persoon se reaksie opgeneem en dit op haar Instagram geplaas. Mense het onmiddellik begin uitvra oor waar en hoe hulle bestellings kan plaas.

“Ek het verduidelik ek doen dit om myself besig te hou. Ek het slegs bestanddele gebruik wat in die huis was. My ma het my aangemoedig om nog te bak en selfs geld aangebied toe ek sê dat ek nie die geld vir nog bestanddele het nie. Ek wou vir dit werk en nie net haar geld vat nie.”

Vernice het gehoor dat die regering N$750 as ’n noodinkomste-toelaag gedurende Covid aanbied en het onmiddellik aansoek vir die toelaag gedoen. Sy is die eerste keer afgekeur. Sy het weer aansoek gedoen en na ’n ondersoek het sy die geld ontvang.

“Ek het onmiddellik nog bestanddele van die geld gekoop en begin om geglasuurde oliebolle te maak en oliebolle met suiker en kaneelsuiker op. Ek het in my ma se kombuis begin en vir my vriende en familie daarvan vertel. Ek was aan die begin bang vir verwerping, totdat my ma se vriendin gesê het ek moet my oliebolle in die sosiale media adverteer. Ek het dit gedoen en het nog nie teruggekyk nie.”

Dít was drie jaar gelede en intussen het haar ma se kombuis te klein geword en is die huishulp ook al “gesteel” om oliebolle te help maak.

“Ons het by die plek waar Sweet Side Bakery nou is verbygeloop en ek het vir my ma gesê kom ons kyk net na die plek. Dit was die plek vir my. Ek het 250 koeke gebak sodat ek ’n klein voertuig kon koop om die oliebolle van my ma se huis in Narraville na die winkel te kan vervoer. Nou is daar ’n kombuis op die perseel. Ek het met 100 begin en by my opening het ek 600 gemaak. Alles voel nog steeds onwerklik.”

Vernice het haar bakkery Sweet Side genoem, want “meet me on the sweet side of town” het vir haar goed geklink.

Sy maak nou 35 verskillende oliebolle met soet en sout vulsels.

“Ek het al my gunsteling-terte en -peuselhappies in oliebolle, soos melktert of peppermint crisp verander. Ek sien ook dinge en probeer dit uit. Ek het byvoorbeeld by ’n braai malvalekkers gebraai en die volgende dag ’n smores-oliebol gemaak.”

Oliebolle wat met die dieselfde deeg gemaak word, word ook met ’n sout vulsel aangebied – soos onder meer ham-en-kaas, hoender-en-mayonnaise, ontbyt en bees- en hoenderburgers.

“Dit kom ook van Amerika af. Ek het gedink aan ’n bees- en hoenderburger en dit het aan die begin nie reg geklink nie. Ek het ’n hoenderoliebol by ’n plek in Kaapstaad gesien wat wegneemetes verkoop. Ek het dit gaan probeer en die oliebol was baie lekker.

“Ek het ’n meisie in Walvisbaai gevra om die patties te maak. Sy het gegaan en geproe en getoets totdat sy die regte mengsel gehad het om die kaneelsuiker-, suiker- en geglasuurde oliebolle te kan komplementeer.

“Dit klink nog steeds nie reg nie, maar ek nooi julle uit om te kom proe, dit is regtig lekker.”

Vernice het in Walvisbaai vyf werkers en by Sweet Side of Thingz in Windhoek, wat sy saam met haar tannie Claudine Mouton besit, is daar sewe werkers.

“Toe ek besluit het om ook ’n winkel in Windhoek oop te maak, het my tannie gesê sy sal dit saam met my aanpak. Haar bakkery is Sweet Thingz en ons het die twee name gekombineer en die eindresultaat was Sweet Side of Thingz.”

RAAD

“Begin net, wees konsekwent en gebruik sosiale media tot jou voordeel. Moet nie toelaat dat jou mislukkings jou terughou nie. Ek was my hele lewe lank skaam omdat ek graad 6 gedruip het. Ek het gedink ek sal nooit êrens in my lewe kom nie.

“Ek het vir kinders vertel ek het laat met skool begin, maak kyk vir my nou. Ek en my ma ly nog steeds aan skok en dit voel elke nou en dan of ons geknyp moet word.

“Ek kan nie glo waar ek nou is nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.82 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.41 | USD to ZMW 25.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 349.59/OZ UP +0.48% | Copper US$ 4.81/lb UP +1.29% | Zinc US$ 2 992.00/T DOWN -0.62% | Brent Crude Oil US$ 82.83/BBP DOWN -0.0122 | Platinum US$ 1 015.84/OZ UP +1.45% Sport results: Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.82 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.41 | USD to ZMW 25.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 349.59/OZ UP +0.48% | Copper US$ 4.81/lb UP +1.29% | Zinc US$ 2 992.00/T DOWN -0.62% | Brent Crude Oil US$ 82.83/BBP DOWN -0.0122 | Platinum US$ 1 015.84/OZ UP +1.45%