Van toiletskoonmaker tot sushi-sjef

Tanja Bause
Nikanor Nangolo - In die wêreld van kookkuns kom suksesverhale dikwels vanuit die mees onverwagte plekke.

Vir die afgelope 18 jaar het die Swakopmund-gebaseerde meestersjef Simon Amukwata gespook om sy nederige begin in ‘n verhaal van inspirasie en sukses te verander.

Simon se reis van toilette skrop tot die bemeestering van die kuns van sushi het die harte van baie bekoor .

Sy kulinêre avontuur het as ‘n toiletskoonmaker in ‘n sushi-restaurant begin. Sy dae is spandeer om te verseker elke hoek van die onderneming is vlekkeloos. Min het hy geweet dat hy meer as net toilette sou skoonmaak – hy was besig om die pad na sy toekoms ook blink te vryf.

Gedryf deur ‘n diep passie vir kos en ‘n onversetlike vasberadenheid om bo sy omstandighede uit te styg het Simon in die tye wat hy nie besig was nie, begin om die sjefs dop te hou en te kyk hoe hulle werk.

Volgens hom het die sissende geluide, die betowerende aromas en die presiesheid waarmee die sjefs hul geregte gemaak het, ‘n vonk in hom laat vlamvat. Dit is toe dat hy besluit het om sy mop vir ‘n sjefmes te verruil.

“Ek het geweet ek is talentvol en bestem vir groot dinge, want ek hou daarvan om kreatief te wees,” het Simon gesê.

Met geen kulinêre opvoeding nie, het Simon sy reis om homself te leer aangepak. Hy het elke stukkie kulinêre literatuur wat hy kon vind, verslind, onvermoeid in sy huiskombuis geoefen en waar moontlik leiding by sy kollegas en ervare sjefs gesoek. Sy toewyding en talent het nie ongesiens verbygegaan nie.

“Ek het besluit om myself te verbeter en is na Suid-Afrika waar ek opleiding by ‘n Japannese sushimeester gekry het.”

Deur die jare het hy die kulinêre leer geklim, kennis van mentors sy eie gemaak en sy vaardighede elke dag geslyp. Die keerpunt in sy loopbaan het gekom toe hy sy liefde vir sushi ontdek het. Geïnspireer deur die delikate kuns het hy homself verdiep in die wêreld van Japannese kulinêre tradisies. Van die vervolmaking van die kuns van die voorbereiding van rys tot die bemeestering van die tegnieke om rou vis te sny, Simon se toewyding aan sushi was onwrikbaar.

Simon het vanjaar aan die jaarlikse Nedbank Food Festival in Swakopmund deelgeneem om bewusmaking te skep oor die sushi wat by die Yokohama Sushi-restaurant gemaak word.

“Selfs wanneer jy soek na die beste sushiplekke in Swakopmund, verskyn Yokohama boaan daardie lys,” het hy gesê.

Vandag besit Simon die Yokohama Sushi-restaurant in Swakopmund. Sy sushi-skeppings word gevier vir hul keurige smaak en artistieke aanbieding. Sy storie dien as ‘n inspirasie vir aspirant-sjefs en enigiemand wat uitdagings in die gesig staar in die nastreef van hul drome. Van ‘n toiletskoonmaker tot ‘n meester-sushi-sjef en restauranteienaar, is sy reis ‘n duidelike voorbeeld dat drome bereik kan word met harde werk, deursettingsvermoë en ’n onverbiddelike geloof in jouself. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%