Van hoenderboer tot mooiste jong stem in Namibië
Henriette Lamprecht – Op die plaas is haar grootste gehoor haar hoenders, maar Saterdagaand het die 13-jarige Magdaleen Pretorius beoordelaars van Voice of Namibia Kidz behoorlik hoendervleis gegee met haar goue stem en uiteindelik met die louere as vanjaar se wenner weggestap.
Magdaleen, ’n leerling aan die Privaatskool Moria op Outjo, was nog altyd baie lief vir sing, vertel trotse ma, Magdel en die liefde vir musiek loop soos ’n goue draad deur hulle stamboom.
“Sy is baie lief vir sing. Iemand het eendag vir my gesê ‘’n kind wat sing, is ’n gelukkige kind’”.
Magdaleen het ook haar eie hoenderboedery en dis veral terwyl sy haar hoenders kosgee, wat sy die lekkerste haar hart uitsing.
“Die hoenders was nog altyd haar grootste ‘audience’, sy sing altyd as sy by hulle is! Sy doen alles self met die boerdery, bel mense om die eiers te verkoop, sorg dat daar genoeg kos is, hou self boek en het ook haar eie ‘label’ ontwerp, ek help net met die aflewerings!”
Volgens Magdel wil Magdaleen, “wat vreeslik lief is vir diere” in hierdie stadium eerder veearts word as om ’n sangloopbaan te begin.
Sedert Oktober verlede jaar ontvang Magdaleen via Microsoft Teams sangonderrig een keer per week by Lynni du Toit (oud-Windhoeker) wat in Pretoria woon. Hoewel sy al aan die Napso Kuns- en Kultuurfees deelgeneem het, was Saterdagaand se optrede by die finale rondte van Voice of Namibia by Droombos buite Windhoek vir haar ’n nuwe ervaring op die verhoog wat sy nog maar baie min betree het.
Die lekkerste deel van die kompetisie vir haar dogter, was die maats en die vriendskappe wat gesmee is, sê Magdel.
“Die kinders (finaliste) se gesindheid onder mekaar was ongelooflik. Magdaleen was die enigste een wat niemand geken het nie, maar sy het die maats en die nuwe gesigte vreeslik geniet. Dit klink vir my dit was een groot ‘jol’ agter die skerms!”
Magdaleen het verskeie pryse verower waaronder ’n geskenkbewys vir die maak van haar eie musiekvideo.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie