Van gimnas tot paaldanser

Dans in Los Angeles - sonder formele opleiding
Le-Clue se droom is om in die lugvaartbedryf te werk.
Tanja Bause
“Ek het myself gimnastiek en dans geleer. Ek het video’s van mense gesien wat dit doen, besluit ek wil ook, en toe geleer en geoefen totdat ek kon,” vertel Le-Clue Ripure Job (22), ook bekend as Miss Shy.

Le-Clue is in Windhoek gebore en getoë en het aan Windhoek Hoërskool gematrikuleer.

Na skool het hy ‘n jaar afgevat en sy danskennis met ‘n beurs in Duitsland gaan uitbrei.

“Ek het teruggekom en by Unam ingeskryf vir ‘n kursus in boekhou. Ek het egter baie vinnig besef dit is nie vir my nie en opgeskop.”

VLIEGDROOM

“Ek onthou ek wou my hele lewe lank al vlieg. Al my gunsteling-karakters kon altyd vlieg of net bo die grond sweef. Vir my was dit baie ontsagwekkend en magies. Ek het altyd wanneer ons Gross Barmen toe gegaan het, geld in die put gegooi en gewens ek kon vlieg. Toe ek ouer geword het, het ek besef dat ek wel kan vlieg - net op ‘n ander manier as wat ek gedink het. Dit is hoe lugvaart in my lewe gekom het – ek het my wensvlerke vir meganiese vlerke verruil en daarin begin belangstel.”

Hy is baie passievol oor lugvaart en alles wat daarmee te doen het.

“Dit is my droom om ‘n vlieënier te word, maar ek het ongelukkig nie toegang tot die nodige finansies nie. Ek sal ook gelukkig wees om ‘n vliegtuigonderhoudsingenieur of self ‘n lugkelner te word. Lugvaart is en was nog altyd my eerste liefde, selfs voor dans.”

Die laagste punt in sy lewe tot dusver was toe hy besef het dit is nie so maklik om in die lugvaartbedryf te werk nie en hy amper sy droom laat vaar het.

“Maar ek het nie en sal nooit nie. Al vat dit vir my nog vyf jaar of langer, ek sal eendag my lugvaartdroom verwesenlik.”

DANS

“Ek het op my ouma se rekenaar gespeel toe ek ‘n video gesien het van iemand wat ‘n agteroorsalto (backflip) doen en toe wou ek dit ook graag doen. Ek myself begin leer en aangehou om dit te oefen totdat ek dit en al die ander gimnastiese bewegings kon doen. Ek het my ouers gesmeek om my gimnastiekklasse te laat neem en hulle het altyd gesê hulle sal, maar hulle het nooit nie. Dit is hoekom ek myself geleer het. ”

Op die ouderdom van 14 het hy die musiekvideo vir Sia se “Chandelier” gesien en homself begin leer om te dans.

“Sia was my dans-inspirasie. Ek het aan die skool se talentkompetisies deelgeneem en my ma het een bygewoon. Sy was baie geskok om te sien hoe goed ek is en het vir Nikhita van die dansskool (Nikhita Winkler Dance Theatre) gekontak. Sy het my gehelp met tegniek-oefeninge en om my spiere te versterk.”

In 2018 is hy saam met die Namibian Championships of the Performing Arts (Natme)-span Los Angeles toe vir die World Championships of Performing Arts.

“Ek het goud gewen, al het ek nooit gedink ek het ‘n kans nie. Die ander deelnemers was so professioneel en hier was ek; die seun van Namibië wat homself leer dans het. Toe hulle die finaliste aankondig en my naam roep, kon ek dit nie glo nie. Ek het goud gewen en sover ek weet is ek die enigste manlike Namibiese danser wat goud daar gewen het.”

PAALDANS

“Ek het verlede jaar die liedjie ‘Cellophane’ van FKA twigs geluister. Die liedjie het regtig met my gepraat. My verhouding was pas op die rotse en die lirieke het baie vir my beteken. Ek het gewonder of daar ‘n video oor die liedjie is en het op die internet gaan kyk. In die video doen sy ‘n paaldans en haar bewegings en die musiek was net so perfek dat ek dit wou leer.”

Hy het vir drie maande navorsing gedoen totdat hy uiteindelik The Hot Project Pole and Aerial Dancing Studio in Windhoek (thehotprojectwindhoek) gevind het en vir klasse ingeskryf het.

‘DRAG NIGHT’

“Ek ken vir Rodelio (Lewis) of Miss Mavis al baie lank voordat hy met Drag Night Namibia begin het. Hy het nie genoeg kunstenaars gehad nie en my gevra of ek een aand as Le-Clue wil optree en dit is wat ek gedoen het. Die volgende keer het ek in drag opgetree en Miss Shy is gebore.”

Le-Clue het aan die begin nie van drag gehou nie, maar na die eerste optrede was hy vuur en vlam.

“Ek het so vry gevoel. Ek het gevoel asof die vroulike deel van my herken en bemagtig word. Ek dink almal behoort te drag - dit laat jou die lewe vanuit ‘n ander perspektief sien en al oordeel iemand jou maak dit nie saak nie, want dit is slegs ‘n karakter en ‘n vertoning.”

AANVAARDING

“Ek het al baie vroeg in my lewe besef dat ek anders is. Ek was nooit bang om met poppe te speel nie en het glad nie gedink dit is snaaks dat seuns die meisiestemme in High School Musical sing nie. Ek het gedink dit is normaal. Toe ek op skool geboelie is omdat ek ‘skeef’ is, het ek besef dat ek anders is. DÍt en toe ek besef het dat ek van seuns hou.”

Le-Clue en sy niggie Grace het saam poppe gespeel.

“Sy het ook nie gedink dit is verkeerd dat ek en sy saam poppe speel nie. Omdat sy dit so aanvaar het, was dit vir my maklik om myself te aanvaar. Ek dink dit was ‘n geval van ‘as Grace my liefhet, is dit genoeg’. Ek was baie bang dat my ouers my sal verwerp, maar Grace het my aanvaar en dit was genoeg om een person te hê wat vir my lief is. My ouers het my ook nie verwerp nie, inteendeel, my pa was geskok toe hy hoor ek was bang dat hy my nie meer sou liefhê nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.44 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 364.48/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.60/lb UP +0.84% | Zinc US$ 2 932.10/T UP 0.45% | Brent Crude Oil US$ 84.17/BBP DOWN -0.0058 | Platinum US$ 993.81/OZ UP +0.86% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.44 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 364.48/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.60/lb UP +0.84% | Zinc US$ 2 932.10/T UP 0.45% | Brent Crude Oil US$ 84.17/BBP DOWN -0.0058 | Platinum US$ 993.81/OZ UP +0.86%