Usakos se bedrewe tuinier
Almal wat al deur Usakos gery het, het seker al die struike en boompies in die park en op die verkeerseiland – wat in verskillende vorms gesnoei is – gesien.
Ismael Uriseb is die man wat vir die tuine verantwoordelik is en wat genot uit dié besonderse taak put.
“Dit is baie lekker om nie net plante in die tuine te plant en die tuine skoon te hou nie, maar ook om die hele dorp skoon te hou. Dit is elke inwoner van ons dorp se plig en ook van almal wat deur die dorp ry, om hul rommel op te tel en van ontslae te raak. Net as ons almal saam hande vat, kan ons dorp ’n baie mooi skoon, groen plek in die droë landskap wees,” het hy gesê.
Ismael is in Windhoek gebore en dit is ook waar sy liefde vir tuinmaak en plant begin en gegroei het.
“Ek het tuinwerk by verskillende mense in Windhoek gedoen en so by al die werkgewers geleer. My een werkgewer het toe die vulstasie op Usakos gekoop en soontoe getrek. Hy het gevra of ek wil saamtrek.”
Ismael se ma is oorlede en hy en sy seuntjie het toe geen blyplek gehad nie en dus was Usakos die antwoord.
Hy het een dag die woord Engen in vetplante onder ’n ligpaal geplant en die dorpsraad het dit raakgesien.
“Hulle het my genader en gevra of ek nie vir hulle wil kom werk en die dorp wil mooimaak nie; omdat dit my passie was, het ek ingestem. Ek het egter nie geweet dat hulle amper geen tuingereedskap gehad het nie. Dit was ’n gesukkel, maar ons almal weet mos om iets op te bou, is baie moeiliker as om dit af te breek.”
Ismael het ook in sy vrye tyd by die skole gehelp om die kinders te leer en te wys hoe om tuin te maak.
“Dit is belangrik dat hulle weet hoe om te plant. Nie net blomme en so nie, maar ook groente. Ek wil ook die gemeenskap leer hoe om tuin te maak sodat ons die hele dorp en elke erf groen kan kry.”
Ismael wil graag sy eie besigheid begin sodat hy na elke dorp kan ry om hul tuine te ontwerp, mooi te maak en die mense kan leer hoe om die bome en bosse te snoei.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie