Taal is woordsmid se roeping

Werk vir 20 jaar in Unam se biblioteek
Kavevangua Kahengua se gedigte word wêreldwyd in lesingslokale behandel.
Iréne-Mari van der Walt
“Die wonderlike ding van poësie is dit kan ontleed word, voeg waarde by en maak dit ryk. Jy sal van jou lesers leer hoe hulle jou werk geïnterpreteer het. Die lesers gee betekenis daaraan,” sê Kavevangua (Mr. KK) Kahengua, wie se gedigte wêreldwyd in skole en universiteite behandel word.

Hy sou lag as enigiemand hom sou vra wat hy van die impak dink wat sy digkuns gehad het, maar steeds is gedigte soos “Dreams”, “Old Man Walking” en “Sharing A Lift” van die mees noemenswaardige werke van die Afrika-vasteland.

Kahengua het sedert sy skooldae 'n ongelooflike passie vir taal, en jare later spog hy met ’n bundel gedigte, Dreams en Invoking voices: An Anthology of Poems.

Hy is in Botswana gebore, waar hy in graad 11 sy eerste gedig geskryf het. Die gedig het gehandel oor die watertekort by sy skoolkoshuis. Hy het dieselfde jaar vir sy Setswana-onderwyser gesê hy gaan eendag ’n boek skryf. “Ek het toe nie geweet waaroor die boek sou gaan nie, maar ek het geweet ek gaan ’n boek skryf,” sê hy.

Hy het nog een gedig geskryf voor hy in 1993 na Namibië verhuis het toe sy familie gerepatrieer is. “The Kitchen Girl” is in 1982 geskryf en Kahengua vertel hierdie gedig is ’n tipe outobiografie.

“Ek het op laerskool los werkies gedoen om geld te verdien. Ek het deur die dag vir twee van my onderwysers kos gemaak en in die aande het ek gelees,” sê hy.

Kort ná Namibië se onafhanklikwording het Kahengua se familie na Namibië verhuis en twee jaar later – in 1995 – het hy by die Universiteit van Namibië (Unam) ingeskryf.

“My familie is van die Herero’s wat na Botswana tydens die oorlog met die Duitsers gevlug het,” verduidelik hy.

Hy het vier jaar later aan Unam ’n honneursgraad in biblioteekwese en Engels verwerf. Kahengua het tydens sy studentejare kreatiewe skryfkursusse geneem. “Dit het my geleer om ’n groot verskeidenheid temas in my skryfwerk te kan dek,” sê hy.

Verskeie weergawes

Kahengua vertel die weergawe van een van sy gewildste gedigte “The Kitchen Girl” is nie die oorspronklike weergawe wat hy geskryf het nie.

“My eksvrou het die oorspronklike papiere laat wegraak en ek het naarstiglik na ’n afskrif van die gedig gesoek. Ek was saam met ’n vriend in Botswana in ’n biblioteek en ons was besig om deur hope boeke te blaai op soek na die gedig. Ek het toe besluit om net te sit en dit te probeer onthou. Soos ek gesit en skryf het, het my vriend my gehelp en stukkies bygevoeg. Dus is die gedig wat gepubliseer is nie presies die oorspronklike weergawe nie, aangesien dit my vriend se siening ook by het,” sê Kahengua.

Nadat die nuwe weergawe van “The Kitchen Girl” geskryf is, sou daar ’n tweede weergawe van die gedig geskryf word – hierdie keer selfs meer polities gemotiveerd as die eerste weergawe.

“Toe ek die eerste keer “The Kitchen Girl” geskryf het, was dit op myself gebaseer. Ek is die Kitchen Girl, want ek het kosgemaak vir ander mense. Die tweede weergawe is geskryf tydens sosiopolitiese onrus en ek moes bietjie oor die sosiopolitiek en werkersregte gaan oplees en daaruit is die tweede gedig gebore,” sê hy.

Die sosiopolitieke stem van Kahengua se digkuns skemer deur na van sy ander gedigte soos “Sharing A Lift”. Dit word deur talle dosente as kommentaar op die apartheidsregime of rassisme aanvaar, maar Kahengua is minder versigtig om sy mening oor “What do they call you?” te deel.

Kahengua sê “What do they call you?” is ’n peinsende gedig oor die werklike doel van onderrig. Die gedig vertel van die interaksie tussen ’n onderwyser en ’n leerling waarin die onderwyser vir die leerling sy naam vra en die leerling sy naam sê, maar sy naam is te ingewikkeld vir die onderwyser.

Die onderwyser vra dan vir die leerling ‘what do they call you?’, waarskynlik in ’n poging om ’n eenvoudiger noemnaam te hoor.

“Vir my vra die gedig ’n groot vraag oor ons onderwysstelsel. Hoekom moet kinders opvoeding ontvang? Is dit om kultuur te versterk of te herroep?”

LOOPBAAN

Kahengua beskou homself as ’n taalkundige en hy glo die taalwerk wat hy verrig, is sy roeping.

Meer as net om ’n paar versies in ’n bundel te publiseer, vertel Kahengua dat sy digkuns hom in sy werksplek ’n hupstoot gegee het.

“Wanneer jy in ’n akademiese omgewing werk, neem mense kennis van hierdie dinge. Ek is bevorder na ’n senior bibliotekaris as gevolg van my gedigte,” sê hy.

Dit is tydens die byna 20 jaar wat Kahengua as bibliotekaris by Unam se biblioteek gewerk het wat sy kollegas hom die noemnaam Mr. KK gegee het. Die diens wat hy aan die Unam-biblioteek gelewer het laat hom steeds straal, hoewel hy onlangs afgetree het.

Verder noem hy dat hy met verskeie geleenthede oorsee gereis het om praatjies te lewer en dat hy graag in Namibië praatjies by skole lewer.

Kommentaar

Republikein 2024-05-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Las Palmas 1 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 2 vs 2 Valencia | Getafe 1 vs 2 Mallorca | Real Madrid 0 vs 0 Real Betis | Almería 6 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 0 vs 1 Athletic Club | Real Sociedad 0 vs 2 Atletico Madrid | Osasuna 1 vs 1 Villarreal | Girona 7 vs 0 Granada SerieA: AC Milan 3 vs 3 Salernitana | Juventus 2 vs 0 Monza | Genoa 2 vs 0 Bologna | Cagliari 2 vs 3 Fiorentina European Championships Qualifying: Leeds United 0 vs 1 Southampton FA Cup: Manchester City 1 vs 2 Manchester United English Championship: Leeds United 0 vs 1 Southampton F1: Monaco GP First:Charles Leclerc Ferrari 02:23:16 Second:Oscar Piastri McLaren + 00:00:07.152 Third:Carlos Sainz Ferrari + 00:00:07.585 Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 13° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 14° | 31° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 29° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 11° | 25° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:55, High tide: 04:53, Low Tide: 23:17, High tide: 17:29 Swakopmund: 18° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:53, High tide: 04:51, Low Tide: 23:15, High tide: 17:27 Walvis Bay: 19° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:53, High tide: 04:50, Low Tide: 23:15, High tide: 17:26 Rehoboth: 11° | 26° Mariental: 14° | 27° Keetmanshoop: 16° | 27° Aranos: 13° | 27° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 15° | 28° Oranjemund: 14° | 34° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 12° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 10° | 20° Maseru: 5° | 21° Antananarivo: 10° | 23° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 14° | 20° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 13° | 22° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 14° | 26° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 19.97 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 848.36 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.1 | USD to KES 132.23 | USD to NGN 1474 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 26.59 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79150.84 Up +0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1748.47 Down -0.71% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13370.7 Down -0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27205.14 Down -0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9141.35 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.00/OZ UP +0.08% | Copper US$ 4.73/lb DOWN -0.0033 | Zinc US$ 3 077.30/T UP 0.19% | Brent Crude Oil US$ 82.34/BBP UP +0.82% | Platinum US$ 1 026.19/OZ UP +0.64% Sport results: LaLiga: Las Palmas 1 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 2 vs 2 Valencia | Getafe 1 vs 2 Mallorca | Real Madrid 0 vs 0 Real Betis | Almería 6 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 0 vs 1 Athletic Club | Real Sociedad 0 vs 2 Atletico Madrid | Osasuna 1 vs 1 Villarreal | Girona 7 vs 0 Granada SerieA: AC Milan 3 vs 3 Salernitana | Juventus 2 vs 0 Monza | Genoa 2 vs 0 Bologna | Cagliari 2 vs 3 Fiorentina European Championships Qualifying: Leeds United 0 vs 1 Southampton FA Cup: Manchester City 1 vs 2 Manchester United English Championship: Leeds United 0 vs 1 Southampton F1: Monaco GP First:Charles Leclerc Ferrari 02:23:16 Second:Oscar Piastri McLaren + 00:00:07.152 Third:Carlos Sainz Ferrari + 00:00:07.585 Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 13° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 14° | 31° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 29° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 11° | 25° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:55, High tide: 04:53, Low Tide: 23:17, High tide: 17:29 Swakopmund: 18° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:53, High tide: 04:51, Low Tide: 23:15, High tide: 17:27 Walvis Bay: 19° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:53, High tide: 04:50, Low Tide: 23:15, High tide: 17:26 Rehoboth: 11° | 26° Mariental: 14° | 27° Keetmanshoop: 16° | 27° Aranos: 13° | 27° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 15° | 28° Oranjemund: 14° | 34° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 12° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 10° | 20° Maseru: 5° | 21° Antananarivo: 10° | 23° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 14° | 20° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 13° | 22° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 14° | 26° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 19.97 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 848.36 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.1 | USD to KES 132.23 | USD to NGN 1474 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 26.59 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79150.84 Up +0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1748.47 Down -0.71% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13370.7 Down -0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27205.14 Down -0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9141.35 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.00/OZ UP +0.08% | Copper US$ 4.73/lb DOWN -0.0033 | Zinc US$ 3 077.30/T UP 0.19% | Brent Crude Oil US$ 82.34/BBP UP +0.82% | Platinum US$ 1 026.19/OZ UP +0.64%