Sy passie ná aftrede uitgeleef
“Al my plante kom van steggies, of van sade wat ek self geplant het. Uiteindelik kan ek my passie vir tuinmaak uitleef. Nou het ek die tyd,” vertel oom Pierre Coetzee van Windhoek.
Oom Pierre het nog altyd ’n passie vir tuinmaak en plant gehad en van kleins af was hy in die tuin besig. Hy het egter nooit die geleentheid gehad om hom voltyds in dié rigting te rig nie en sy beroepsloopbaan het hom in ’n heel ander rigting geneem.
“Van beroep is ek ’n voorraadbeampte, maar ek het ook baie jare met vurkhysers te doen gehad. Dis ’n werk wat ek nooit gedink het ek sal kry nie, omdat ek nie die nodige kwalifikasie gehad het nie toe ek aansoek gedoen het. Hulle het die werk vir my vir drie maande gegee en daarna gesê ek is vas aangestel.
“Ek het twee jaar gelede afgetree, na hierdie huis getrek en begin plant. Dit was iets om myself besig te hou.”
Oom Pierre het met steggies van sy moederplante begin en om van saad lemoen, papaja en grenadella te kweek. Net ’n week gelede het hy besluit om die plante te begin verkoop om sy pensioengeld aan te vul.
“Alles raak duurder en die lewe druk. Ek kan uiteindelik my passie uitleef en my pension hierdeur aanvul, maar die eintlike doel is om mense wat in die stad woon, te wys dat jy nie ’n plot of plaas nodig het om te kan plant nie.
“In my klein tuin het ek botterskorsies, tamaties, soetrissies en brandrissies.”
Oom Pierre gebruik leë 2-literkoeldrankbottels om sy plante in te plant. Almal is dieselfde hoogte en elkeen het ’n etiket op met die naam van die plant.
“Ek probeer om ’n standaard te handhaaf. Die koper moet sien dat alles netjies is en dat die plante nie siek is nie.”
Die papajaboom en rose is sy gunsteling.
“Ek het op die oomblik nie rose nie, omdat ek nie spasie het nie. Ek is ook mal oor fyntuine, maar weereens het ek nie die spasie nie. Daar is ’n baie groot aanvraag vir fyntuin; dit is blomme soos petunias en angeliere.
“Mense kan direk by my koop en as hulle iets gekweek wil hê wat ek nie nou beskikbaar het, moet hulle vir my sê en bietjie tyd gee en ek sal kyk wat ek kan doen.”
Tans is daar brandrissies, soetrissies, papaja en lemoenboom, grenadella asook magrietjie- en Firespike-bosse.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie