Swakop-leerling sluit aan by Arktiese ekspedisie
’n Leerling van Swakopmund is onder ’n uitgesoekte groep van 66 leerlinge van 21 lande wat op 13 Augustus aan boord van ’n Russiese kernkrag-ysbreker gegaan het vir die sesde internasionale Arktiese ekspedisie “Ysbreker van kennis”.
Teaghan Beresford (15), wat Namibië verteenwoordig, maak die reis van Moermansk deur die Noordpool na die Franz Josef-land-argipel (’n uitgebreide groep eilande) en terug mee.
Die ekspedisie val saam met die 80ste herdenking van Rusland se kernkragbedryf en die 500ste herdenking van die Noordelike Seeroete.
“My eerste indruk van Rusland is dat dit pragtig is en so anders as enige plek wat ek al voorheen gesien het en die landskap is baie vreedsaam,” het Beresford aan die begin van die avontuur gesê.
Die ekspedisie kombineer wetenskap en onderrig en stel deelnemers bloot aan die werking van ’n kernkrag-ysbreker, die toetsing van Russiese mobiele robotte (rovers) in Arktiese toestande en lesings deur kernkrag- en ruimtevaartspesialiste. Die groep sou na verwagting die Noordpool Sondag bereik het en op 22 Augustus na Moermansk terugkeer.
Die organiseerders het gesê die kompetisie om deel te neem was fel, met meer as 67 000 aansoeke wat wêreldwyd ontvang is. Volgens Rusland se federale agentskap vir jeugsake het meer as 4 000 aansoeke van buite Rusland gekom.
“Vanjaar se kompetisie het ’n rekord opgestel met meer as 1 400 mense wat vir elke plek aansoek gedoen het,” het Grigory Gurov, die ekspedisiekenner en hoof van die agentskap, gesê.
Namibië se deelname beklemtoon die groeiende blootstelling van plaaslike jeug aan internasionale wetenskapsinisiatiewe. Alhoewel Namibië geen kernkragbedryf het nie, is dit een van die wêreld se voorste uraanprodusente, met die Husab- en Rössing-myn onder die grootstes. Bedryfswaarnemers sê sulke internasionale ervarings kan toekomstige wetenskaplikes vorm wat eendag deel van die kernenergiedebat in die land kan wees.
Hierdie ekspedisie word georganiseer deur Rosatom se atoomenergie-inligtingsentrums met die ondersteuning van Rusland se kernkorporasie. Sedert 2020 het meer as 400 jongmense deelgeneem. Die program is in 2024 vir die eerste keer vir internasionale leerlinge oopgestel.
Rusland is die enigste land ter wêreld wat ’n vloot kernkrag-ysbrekers het, met agt vaartuie tans in diens.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie